{ARGIEF}

Konferensies

Huldiging John de Gruchy

  Teologie op die snypunt: Huldigingskonferensie ter viering van John de Gruchy se 75ste verjaarsdag   'n Konferensie, "Teologie op die snykant", ter ere van die bekende Suid-Afrikaanse teoloog John de Gruchy, sal van 3 tot 5 September 2014 aangebied word deur...

read more

Multi-kulturele gemeentes?

Interkulturele Gemeente-wees   ‘n Konferensie oor multikulturele Gemeentes vind plaas op 22 – 23 Julie 2014 Dit word aangebied deur die Hugenote Kollege in samewerking met Communitas. Plek: Chrismar Villas / Bellville Dienssentrum, Jessiestraat , Bellville Die doel...

read more

Terugblik op WINTERSKOOL 2014

Christus ís die Hoop vir Afrika Ons kan terugkyk op die afgelope week se Winterskool wat by die Fakulteit plaasgevind het in samewerking met Communitas, Ekklesia en die Beyers Naudé Sentrum, en saamstem: dit was 'n wonderlike paar dae. Die hoofsprekers vanjaar was Dr...

read more

Kom luister na Ds Dirkie van der Spuy!

Jy word genooi na twee geleenthede waar Ds Dirkie van der Spuy van Moreletapark as spreker optree. Lidmate, gemeenteleiers en veral predikante sal dit nuttig en leersaam vind. Elkeen van die twee aande is 3 VBO-punte werd. 25 Junie: Hoe lyk en werk ‘n Christelike...

read more

Kyk NUUT na PAULUS

  HOE MOET ONS VIR  PAULUS VERSTAAN?   Daar is tans ’n boeiende gesprek aan die gang oor hoe Paulus gelees moet word. Daar is so baie vrae: Is die kritiek teen die “Lutherse” interpretasie geldig? Wat is die alternatiewe? Is daar iets soos ’n “Calvinistiese”...

read more

SAKOVS Konferensie

Hier is die PowerPoints van komende Saterdag se "Droom saam - waarheen met die kerk en musiekbediening" asook Prof. Nelus Niemandt se bydrae: " Nuwe musiek vir nuwe werklikhede SAKOV".

read more

Armoede: Wat doen JY?

Ons almal weet dat grootskaalse armoede, menslik gesproke, waarskynlik die mees plofbare probleem in Suid-Afrika is.Terwyl dit so is dat baie kerke iets hieraan probeer doen, is die vraag of ons nie veel meer kan doen nie. Ons is van mening dat hierdie ook `n saak is...

read more

Doopverjaarsdae

Met die doop van jou/julle kind is dit dalk ’n goeie idee om Deut 6: 4-13 weer ’n slag te gaan lees.  Geloof is om gevorm te word deur God.  Wanneer ’n mens vanuit ’n Bybelse perspektief na die lewe kyk, sal dit vreemd wees om sekere goed in die “geestelike” kategorie te sit en ander weer in die “ongeestelike” kategorie.  Die ideaal is dat elke gelowige groei om uiteindelik te besef wat dit vir my elke-dag se bestaan beteken om te lewe in die teenwoordigheid van die lewende God.  Om hierdie rede is dit verskriklik belangrik dat elke gesin sekere gewoontes en gebruike aanleer wat, in diens van die Heilige Gees, kan help om die geloof te vorm.  Dit is bes moontlik een van die beste maniere in ons tyd gestalte te gee aan die bedoeling van Deut 6.

Om julle te help hiermee, wil ons graag die volgende voorstelle met jou/julle deel oor hoe ’n mens te werk sou kon gaan om, saam met jou gesin, een van die gesinslede se herdenking van hulle doopdag te vier.

read more

Doopbrief vir Doopherdenking

Liewe                                                                         

Die brief word geskryf sodat jy as jy dit lees, jy die waarde en diep betekenis kan verstaan wat jou doopdag vir jou ouers, familie en geestelike familie hier in ___________ NG Kerk gehad het.

Jy is teen die tyd wat jy die brief lees, waarskynlik al ‘n jong dame!  Met die skryf van die brief is jy egter nog ‘n pragtige klein babadogtertjie.  Ons as gemeente is vandag getuie dat die Here jou aanneem as Sy kind – op grond van liefde van Jesus.  Ons sien en hoor hoe Hy jou opneem in sy huisgesin, hoe Hy jou deelmaak van ‘n groot geestelike familie. Dit is ‘n familie wat al begin het met Abraham en wat in alle tale en lande voortgaan tot met die wederkoms van ons Here Jesus.  Jou ouers – in die eerste plek – maar ook ons almal as gelowiges, beloof vandag om jou te vertel van die groot dade van God en wat die Goeie Nuus van Jesus Christus behels.  Ons glo Hy gee ons aan mekaar as mede-reisigers op die pad, wat mekaar moet help om raak te sien hoe die Here in ons lewe werk.  Maar weet ook, selfs al laat mense jou in die steek,  God laat jou nooit in die steek nie.

read more