Hoe om weer heel te word

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

Egskeidingsherstel Fasiliteerdersopleiding

Die uitdaging om mense wat deur die krisis van ‘n egskeiding werk, by te staan, is ‘n missionale geleentheid om genade en vergifnis prakties te maak. Dis ‘n pastorale bediening wat met baie geduld en begrip deel raak van seerkry-verhale om Goddelike genesing en herstel te vestig.

Die Opleidingskursus vir Fasiliteerders fokus op die volgende:

  • Oorsig oor een van die moontlike prosesse vir emosionele genesing na ‘n egskeiding
  • Praktiese riglyne vir die vestiging van ‘n Egskeidingsherstelgroep in jou gemeente
  • Saam dink oor die teologie van die huwelik en egskeiding

Die opleidingsgeleentheid is gefokus op predikante en ander gemeenteleiers wat verantwoordelik is vir die bediening aan voorheen-getroude persone in hulle gemeentes.

Die kursusgids wat aan deelnemers beskikbaar gestel word, vorm die basis van die fasiliteerdersopleiding. Die gedagte is dat die fasiliteerders die kursusgids dan weer by hulle gemeentes dupliseer as hulle die kursus aanbied.

Die fasiliteerdersgids gaan uiteindelik bestaan uit die powerpoints wat deurgewerk word wanneer die deelnemers die fasiliteerdersopleiding doen.

Waar: Communitas

Wanneer: 25-27 Julie

Aanbieder: Guillaume Smit

Skryf in voor of op 14 Julie

Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm: 12 – Egskeidingsherstel Opleiding

VBO vir eerste kwartaal

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

Die eerste kwartaal is nou volstoom aan die gang. Ek weet ek moet VBO-kursusse bywoon en aan my VBO-profiel aandag gee, maar WAT kies ek?

Hier is die tabel met die eerste kwartaal se VBO-kursusse in kort aangedui:

Datum Kursus
24-26 Jan Certificate Mod 4: Identity– who are we and where do we fit in?
31 Jan–2 Feb Sertifikaat Blok 7: Missionale Gemeentes – hoopvol en energiek vir ons roeping
14-16 Feb Padlangs Ouerskap
17-18 Feb Lidmaatprediker kursus
21-23 Feb Certificate Mod 1: About our context – a deeper

understanding of the world and times we live in

21-23 Feb Praktiese preekmaak: Ontwikkel jou preekmaak-vaardighede  
28 Feb–2Mar Gemeente en Gemeenskap (Diaconia)
6-9 Mar Retraite oor Dissipelskap – ‘n opvolg op Geloofsreis 2
9-11 Mar Geestelike Sorg en Berading
22,23,27 Mar; 18,19  Apr SA Lectionary – Die gebruik van die SA Leesrooster
17-18 Mar The Justice Conference South Africa
22-23 Mar ‘n Eties-Relasionele Benadering (kontekstueel) in die Pastoraat –

‘n Benadering op die voetspoor van die Hongaarse Psigiater

Ivan Boszormenyi-Nagy

30 Mar Geloofsonderskeidingskursus opvolg

 

Sertifikaat Module 3 van groep 3, 2016

Written by Wilma le Roux on . Posted in Ekklesia, Kursusse, VBO, Vennote

Die derde jaargroep wat sedert 2014 met die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing begin het, het pas die derde module, en dus hul eerste jaar in die 3 jaar siklus voltooi. Dit is ‘n ekumeniese groep vir wie die kursus gesamentlik deur Communitas en Ekklesia aangebied word as deel van die VBO-program.

In die loop van die jaar het predikante, pastore en gemeenteleiers van die NG Kerk, Anglikaanse Kerk, Morawiese Kerk, Presbiteriaanse Kerk, Methodiste Kerk en Volkskerk mekaar leer ken en waardeer.

whatsapp-image-2016-09-06-sert-3

 

Wat doen Communitas en Ekklesia?

In ‘n neutedop is Communitas ’n netwerk van dienste aan gemeentes van die VGK Kaapland en NGK Wes- Kaap wat fokus op o.a. Gemeente-begeleiding, Predikantebegeleiding, Gemeente-ontwikkeling, Familie, Kinder-en Jeugbediening, Voortgesette Bedieningsontwikkeling en Kerklike Opleiding en Navorsing.

Ekklesia is ‘n Ekumeniese sentrum wat fokus op die praktiese bediening van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Stellenbosch. Dis ‘n netwerk sentrum waar die Fakulteit, kerke en ander kerklike instansies bymekaar kom in ‘n “netwerk poel” om saam gekoördineerde dienste aan te bied aan die breë spektrum van kerke se gemeentes en predikante.

 

 

 

Het jy Geloofsonderskeiding?

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

Geloofsonderskeiding in die praktyk

Geloofsonderskeiding
Geloofsonderskeiding is ʼn ou Christelike geloofsdissipline, maar moet nou nuut aangeleer word deur geestelike leiers en vergaderings wat in die modernisme gewoond geraak het om besluite te neem in die lig van rasionele argumente, navorsing, feite en verslae en dit as komende van God aan te bied. Die dramatiese inploffing van veral hoofstroomkerke en die aan die kaak stel van ooglopende foute wat voortdurend in kerklike besluitnemingsprosesse gemaak word (vergelyk die koloniale periode, die Bybelse verdediging van apartheid, die nuwe imperialisme, Walls 2002:84-115), daag geestelike leiers en vergaderings uit om nuut te besin en luisterend die teenwoordigheid van die drie-enige God op te soek.

Die werklikheid is dat gelowiges en gelowige akademici so deur modernisme beïnvloed is, dat ons nie oor die vaardigheid van geloofsonderskeiding beskik nie…

In die twee-dag kursus ‘Geloofsonderskeiding in die praktyk’ gaan die klem val op die in-oefening van geloofsonderskeidende praktyke wat nodig is in die begeleiding van

  • jou eie reis
  • in die begeleiding van individue
  • vir vergaderings en leiers
  • in die gemeenskap

Ons gaan kyk na die praktyke van elkeen van bogenoemde kontekste en dit prakties in-oefen.

Ons hoop dat die kursus jou sal bemagtig om meer vaardig te wees met geloofsonderskeidende leierskap in die gemeente

Waar: Communitas, Stellenbosch

Wanneer: 28-29 September

VBO-punte: 20

Skryf in voor of op 22 September

Inskrywingsvorm: VBO 8 Geloofsonderskeiding

Spiritual discernment is calling on the Holy Spirit to lead or give direction on a matter. It is how the Spirit shows the church or its people what God wants them to do and be.

There is discernment of:

  • gifts,
  • spirits,
  • actions,
  • intents,
  • the course of the times we live in.

Discernment is more than just a skill. Discernment is a gift from God before it is anything else. Yet there are clearly skills you can put to use when using your gift, and you can become better at it through training and experience.

Discernment is more than just a process. Even for the most ‘material’ or ‘nitty-gritty’ matters, there is a Spirit at work nudging us, leading us, even pulling us by the nose ring. Then again, even for the most ‘spiritual’ matters, there are disciplines, methods, processes, lessons, means, and tools which the Spirit can work through to help us discern rightly.

Discernment isn’t usually a sudden zap from beyond, but something which emerges from hard work and close attention.

Learn to discern. Yearn to discern.

Uit: http://www.spirithome.com/discernment.html

Sertifikaatkursus voltooi!

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse, VBO

certificate graduation2

Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing se eerste siklus voltooi!

Certificate

Dit was met groot vreugde dat die drie VBO-instansies (Communitas/Ekklesia, Shepherd en Excelsus) die instelling van `n Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing aan die begin van 2014 aangekondig het. En op Donderdag 26 Augustus vanjaar het hierdie eerste groep die siklus van 9 kursusse voltooi!

Blaai na onder vir foto’s …

A home for us all – the future of Christianity and our youth in Africa

Written by Wilma le Roux on . Posted in Kursusse

Winterskool 2016

Winterskool 2016

 

Die Winterskool wat jaarliks deur die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, in samewerking met Communitas en Ekklesia aangebied word, vind vanjaar plaas van Dinsdag 31 Mei tot Donderdag 2 Junie 2016.

Die tema: A home for us all – the future of Christianity and our youth in Africa is baie aktueel vir die tyd waarin ons nou lewe.
 Ons is baie bewus daarvan dat daar tans verskillende groepe is wat ontuis voel in Suid-Afrika of sekere dele van Suid-Afrika. Dit is nie hoe dit hoort nie.
 Ons glo dat Christene in Suid-Afrika kan help om ‘n tuiste vir almal te skep.
 Ons glo dat die Bybelse waardes aan ons riglyne verskaf om ons visie te bereik.
 Ons besef dat die ouer geslag gesukkel het om hierdie visie van ‘n tuiste vir almal uit te leef, maar glo dat die jonger geslag ons daarmee kan help.
In 1976 het baie jong mense met die Soweto-opstande geveg vir ‘n beter onderwysstelsel en ‘n beter Suid-Afrika vir almal.
Veertig jaar later kan ons die volgende vrae vra:
• Is Suid-Afrika ‘n tuiste vir almal?
• Wat is die rol van die kerk om ‘n tuiste vir almal te skep? Sal die kerk ‘n tuiste vir ons kinders en kleinkinders wees?
Die hoofsprekers is
Ds Esmé Bowers, predikant van die Volle Evangelie Kerk en prinsipaal en direkteur van uitreike van “Happy Feet”,
Me Lovelyn Nwadeyi, nagraadse student in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, en
Prof Brian O’Connell, voormalige rektor en visekanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland en voormalige hoof van die Wes-Kaapse Departement van Onderwys.

Talle parallelle sessies sal by die tema aansluit.
Vanweë die ekumeniese aard van die konferensie, sal Engels hoofsaaklik die taal van aanbieding wees.
Die Winterskool vind plaas by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.

Vir die volledige program, kliek hier: Winter School 2016 Home Print VersionDie koste beloop R350 vir die volle kursus; predikante en jeugwerkers kan egter inskryf teen ‘n spesiale subsidiefooi.
Om in te skryf, kliek hier: WinterskoolRegistrasievorm2016
Die sluitingsdatum vir registrasie is Vrydag 20 Mei 2016.

Navrae:
Helette van der Westhuizen, tel: 021 808 9560; e-pos: hvdwest@sun.ac.za
Wilma le Roux, tel: 021 808 3624; e-pos: wler@sun.ac.za