{ARGIEF}

Byeenkomste

Sinodale byeenkoms

  deur  Mariette Steyn Die Sinodale byeenkoms van 3 Junie is deur die vroue van ons streek werklik as 'n geestelike wandeling beskou. Ons tema, “Regtig Begenadig?”, is spontaan aangevoel soos ons elkeen die geleentheid gehad het om introspeksie te doen deur in ons...

read more

Algemene byeenkoms

Wat is ‘n algemene byeenkoms

Dit is die geleentheid waar al die vrouelidmate van die gemeente bymekaar kom.  Hier kan die vrouelidmate ervaar dat sy nie net deel van die klein groepie in haar wyk is nie, maar dat sy ook deel van ‘n groter geheel, naamlik die bepaalde gemeente is.

Natuurlik hoef dit nie net ‘n geleentheid vir die dames alleen te wees nie.  Die hele gemeente is welkom, afhangende van die doel van die byeenkoms en die teikengroep – diegene vir wie die byeenkoms spesifiek gereël is.

read more

Wyksbyeenkomste

(Ons verleen hiermee erkenning aan die Vrystaatse Sinode se Vrouebediening vir inligting oor die Wykstelsel)

Wykstelsel

(Slegs vir gemeentes wat ‘n wykstelsel vir vrouelidmate het)

Wat is ‘n wyk?

Binne ‘n gemeente is die wyk een van die belangrikste groepe.  ‘n Vrouelidmate wyk bestaan uit ‘n besondere groepie gelowiges wat geografies ‘n eenheid vorm.  Elkeen in die wyk het bepaalde gawes en talente wat ons Here gebruik om sy kinders geestelik te laat groei en ongelowiges aan Hom voor te stel.

‘n Wyk is ‘n kerk/gemeente in die kleine, maar mag nooit kerk op sy eie word nie, ‘n liggaam waarvan die een ledemaat nie sonder die ander ten volle kan funksioneer nie.  Die  inskakeling van elke vrou is uiters belangrik, want deur haar aktief te laat meeleef, raak die res van haar gesin ook betrokke.  Elke  vrouelidmaat is outomaties deel en lid van die Vrouebediening.  ‘n Aktiewe wyk word gekenmerk deur entoesiasme, warmte, meelewing en geestelike groei.  ‘n Passiewe wyk word gekenmerk deur negatiwiteit, koudheid, onbetrokkenheid en geestelike doodsheid.

Dit is noodsaaklik dat die wyk goed georganiseer moet word deur ‘n leier.

read more