Teologiese Dag 2015

Written by Wilma le Roux on . Posted in Dienste-Communitas, Seminarium, VBO, Vennote

DIE UITDAGINGS VAN ARMOEDE, WERKLOOSHEID EN ONGELYKHEID

Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch (US) se jaarlikse Teologiese dag, wat die amptelike opening van die akademiese jaar inlui, vind plaas op Maandag 2 Februarie 2015 van 09:00 – 13:00 in die Attie van Wijk Ouditorium by Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch. Die tema vir die geleentheid is: Teologie en die openbare lewe: die uitdagings van armoede, werkloosheid en ongelykheid.

Prof Nico Koopman, dekaan van die fakulteit, sal die tema inlei, waarna Dr Mamphela Ramphele as hoofspreker sal optree. Ds Malcolm Damon, uitvoerende direkteur van die Netwerk vir Ekonomiese geregtigheid, Prof Ronelle Burger van die departement Ekonomie, US en Prof Piet Naudé, direkteur van die US Nagraadse Bestuurskool (USB), sal aan die paneelbespreking deelneem.

In 2015 word die 100ste herdenking van Beyers Naudé se geboorte gevier, en die tema vir die Teologiese Dag is in lyn met sy oproep vir ‘n teologiese en profetiese reaksie ten opsigte van die openbare lewe, insluitend sosio-politieke en ekonomiese aspekte. Die 30ste herdenking van die Kairos dokument wat bekend is vir sy profetiese boodskap, word ook vanjaar gevier. Tydens verlede jaar se Teologiese dag het die voormalige minister Trevor Manuel gefokus op die Nasionale Ontwikkelingsplan, gevolg deur response deur teoloë. Hierdie jaar sit ons die gesprek voort: Hoe moet Christene, kerke en die ekumeniese beweging reageer op die reuse uitdagings van armoede, werkloosheid en ongelykheid? Hopelik kan die gesprek bydra tot ‘n proses van verdere mobilisering en teoretiese en teologiese diepte.

Bywoning is gratis en almal is welkom! Parkering by die fakulteit is beperk en gaste word aangeraai om te parkeer in die Laan of op die walle van die Eersterivier (oorkant Paul Roos Gimnasium). Laat ruim tyd toe vir verkeersdruk.

Die openingserediens van die fakulteit vind plaas op Sondag 1 Februarie 2015 om 19:00 in die Stellenbosch United Church, Van Riebeeckstraat 8, Stellenbosch. Die prediker by hierdie geleentheid is Dr Dion Forster. Ds David Hunter sal as liturg optree.

Navrae: Helette, e-pos hvdwest@sun.ac.za, tel 021 808 3255.

Huldiging John de Gruchy

Written by Wilma le Roux on . Posted in Ekklesia, Konferensies

 

Teologie op die snypunt:


Huldigingskonferensie ter viering van

John de Gruchy se 75ste verjaarsdag

 John-de-Gruchy

‘n Konferensie, “Teologie op die snykant”, ter ere van die bekende Suid-Afrikaanse teoloog John de Gruchy, sal van 3 tot 5 September 2014 aangebied word deur die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch.

John de Gruchy is Emeritus Professor van Christelike Studies aan die Universiteit van Kaapstad en Buitengewone Professor by die Fakulteit Teologie van die US.  Hy is die outeur van  14 boeke en redakteur van baie meer. Hy het reeds  vele toekennings vir sy werk ontvang.

Terugblik op WINTERSKOOL 2014

Written by Wilma le Roux on . Posted in Ekklesia, Konferensies, VBO, Vennote

Christus

ís die Hoop vir Afrika

Winterskool 2014

marleneleroux
IMG-20140610-00851IMG-20140611-00856 dionforstermvumedandala

Ons kan terugkyk op die afgelope week se Winterskool wat by die Fakulteit plaasgevind het in samewerking met Communitas, Ekklesia en die Beyers Naudé Sentrum, en saamstem: dit was ‘n wonderlike paar dae.

Die hoofsprekers vanjaar was Dr Mvume Dandala, President van die Seth Mokitimi Methodist Seminary in Pietermaritzburg; Ms Marlene le Roux, Direkteur van Kunsopvoeding en Ontwikkeling by die Artscape Teater; en Dr Dion Forster, Lektor in Sistematiese teologie by die US. Daar is ook verskeie paralelle sessies aangebied waar oor ‘n groot verskeidenheid van onderwerpe gepraat is.

Gee (on)selfsugtig en volledig

Written by webmeester on . Posted in Vennote

Om ‘n leier te wees is nie aldag maklik nie – jy moet die heeltyd op hoogte bly van wat aangaan in die wêreld, en in jou vakgebied. Ekerk se Learning Community seminare bied juis daardie geleentheid, en is geakkrediteer om VBO punte toe te ken.

Hier volg dan inligting vir twee sulke geleenthede:

 learningcommunity3
 

Ekerk bied op 12 Junie 2014 in Kempton Park so ‘n geleentheid aan waar ons gaan gesels oor ” Gee (on)selfsugting en volledig “.

Hieronder is al die inligting van die volgende geleentheid, maak seker jy registreer vroegtydig, of kontak vir pierre@ekerk.org om meer uit te vind.

Hierdie geleentheid bied 5 VBO punte.

Meer oor die dag:
Die ekerk Learning Community leer geleenthede is spesifiek bedoel vir geestelike leiers wat meer wil leer binne die konteks van gesprek, gemeenskap en geloofwaardige bronne.

Vir hierdie geleentheid fokus ons op ‘n paar onderwerpe, waaronder:
1. Watter rol speel vrygewigheid in ons geestelike reis?
2. Hoe voel gewone gelowiges daaroor om hulle tyd, geld, goed en gawes weg te gee?
3. Hoe lyk ‘n praktiese lewe van geloof wat oop en vrygewig leef?
4. Hoe lyk ‘n gemeenskap van gelowiges wat leef ter wille van ander?

Aan die hand van verskeie literatuur, navorsing en ander bronne gaan ons hierdie onderwerp bespreek en prakties maak vir ons eie bedieninge.

Sprekers vir die dag:
– Mynhardt van Pletsen [ekerk, bemarking, kommunikasie]
– Pierre Engelbrecht [ekerk, bestuur, tegnologie]
– Stephan Joubert [ekerk, skrywer, teoloog]
Registreer deur die volgende skakel te volg: http://www.jotformpro.com/form/41283664627965

 

Ekerk bied op 19 Junie 2014 in Kaapstad so ‘n geleentheid aan waar ons gaan gesels oor “Gee (on)selfsugting en volledig “.

Hieronder is al die inligting van die volgende geleentheid, maak seker jy registreer vroegtydig, of kontak vir pierre@ekerk.org om meer uit te vind.

Hierdie geleentheid bied 5 VBO punte.

Meer oor die dag:
Die ekerk Learning Community leer geleenthede is spesifiek bedoel vir geestelike leiers wat meer wil leer binne die konteks van gesprek, gemeenskap en geloofwaardige bronne.

Vir hierdie geleentheid fokus ons op ‘n paar onderwerpe, waaronder:
1. Watter rol speel vrygewigheid in ons geestelike reis?
2. Hoe voel gewone gelowiges daaroor om hulle tyd, geld, goed en gawes weg te gee?
3. Hoe lyk ‘n praktiese lewe van geloof wat oop en vrygewig leef?
4. Hoe lyk ‘n gemeenskap van gelowiges wat leef ter wille van ander?

Aan die hand van verskeie literatuur, navorsing en ander bronne gaan ons hierdie onderwerp bespreek en prakties maak vir ons eie bedieninge.

  • Waar: NGK La Rochelle  (H/v Meerlust- en Hadleystr), Bellville, Kaapstad
  • Wanneer: 19 Junie 2014
  • Tyd: 9:00-16:30.
  • Tema: Gee (on)selfsugting en volledig.
  • Koste: R350 pp

Sprekers vir die dag:
– Mynhardt van Pletsen [ekerk, bemarking, kommunikasie]
– Pierre Engelbrecht [ekerk, bestuur, tegnologie]

Registreer deur die skakel te volg: http://www.jotformpro.com/form/41283650676964

 

Die pad van Dissipelskap

Written by webmeester on . Posted in Vennote

Ekerk bied in Mei 2014 ‘n opwindende leer geleentheid aan as webinaar. Die tema is ” Die pad van Dissipelskap   en sal spesifiek wees vir enige leraars en enige iemand wat meer wil weet en saam wil gesels oor die tema. Sien al die inligting hieronder, of kontak vir pierre@ekerk.org om meer uit te vind.
 learningcommunity2
Hierdie geleentheid bied 5 VBO punte.

Meer oor die webinaar:

Tema : Die pad van dissipelskap

Dissipelskap. Ons hoor dit so baie by gelowiges en in die gemeentes.

  • Wat is dissipelskap?
  • Moet elke gelowige nie ‘n dissipel wees nie?
  • Waar leer ons as geestelike leiers van dissipelskap?
  • Wat is ons rol as geestelike leiers om mense as dissipels toe te rus?
  • Wat is die rol wat die Bybel speel ten opsigte van dissipelskap?
  • Wat kan Lukas en Handelinge ons leer van dissipelskap?
  • Moet ‘n dissipel ‘n buitengewone gelowige wees?

Waar: Webinaar

Wanneer en sprekers:

  • 22 Mei 2014: Mynhardt van Pletsen wat gaan gesels oor waar ons moet reg begin om dissipelskap reg te verstaan.
  • 29 Mei 2014: Pierre Engelbrecht wat gaan kyk na dissipelskap vanuit Lukas-Handelinge en wat Jesus ons leer van dissipelskap.
  • 5 Junie 2014: Stephan Joubet waar hy gesels oor  ‘n paar leefreëls vir gewone mense wat buitengewone lewens wil leef.

Tyd: 10:30 – 12:00.

Koste: Gratis.

Die voorgeskrewe boek vir die webinaar:

Registreer deur die volgende link te volg: http://form.jotformpro.com/form/41283252802953

 

Willie Jonker Gedenklesing

Written by Wilma le Roux on . Posted in Vennote

ROME EN REFORMASIE: QUO VADIS

RING VAN KAAP DIE GOEIE HOOP

WILLIE JONKER-GEDENKLESING

Die Ring van Kaap die Goeie Hoop bied die jaarlikse Willie Jonker–gedenklesing aan op Sondag 27 Oktober om 15:30 by die Cape Peninsula Reformed Church (Kloofstraat 55, reg langs Groote Kerk se gemeentesentrum).

Die spreker by die geleentheid is Dr Sorita Baard. Sy het ‘n BTh en MTh graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf gevolg deur ‘n PhD in Sistematiese Teologie, magna cum laude, aan die Princeton Teologiese Seminarie. Sy het grootgeword in die NG Kerk, maar is nou lidmaat van die Presbiteriaanse Kerk (VSA). Sy is sedert 2004 dosent in geesteswetenskappe met spesifieke fokus op Augustinus en sy erfenis by die Villanova Universiteit, ’n Rooms-Katolieke Universiteit van die Augustynse Orde net buite Philadelphia, Pennsylvania, VSA.

Haar tema vir die gedenklesing is: “ROME EN REFORMASIE: QUO VADIS”.

fourie@straatwerk.org.za met navrae.

Onthou die Heidelbergse Kategismus

Written by Wilma le Roux on . Posted in Seminarium, Vennote

“Remembering the Heidelberg Catechism in (South) Africa today”/

“Onthou die Heidelbergse Kategismus in (Suid-) Afrika vandag”

Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

30 Oktober – 1 November 2013

 Vanjaar is die 450-jarige herdenking van die invloedryke Gereformeerde belydenisskrif, die Heidelbergse Kategismus. Instellings en gemeenskappe met Gereformeerde wortels (insluitend in Heidelberg, Duitsland, waar die dokument ​​in 1563 ontstaan het te midde van godsdienstige en politieke konflik en polarisasie), herdenk dit met talle geleenthede wêreldwyd. In Suid-Afrika en die res van Afrika het die Heidelbergse Kategismus, as deel van die belydenisskrif van die meeste Gereformeerde kerke, ‘n besonder interessante historiese ontvangs gehad, met ‘n groot godsdienstige en kulturele impak.

Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch herdenk die 450-jarige bestaansjaar van die Heidelbergse Kategismus  deur van 30 Oktober tot 1 November 2013 ‘n internasionale konferensie by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch, aan te bied.

Die konferensie, “Onthou die Heidelbergse Kategismus in (Suid-) Afrika vandag”, sal ʼn oorsig bied oor die ontstaan en konteks van die dokument in die 16de eeu, asook die teologiese en sosiale betekenis, historiese ontvangs en die hedendaagse relevansie daarvan.