Die pad van Dissipelskap

Written by webmeester on . Posted in Vennote

Ekerk bied in Mei 2014 ‘n opwindende leer geleentheid aan as webinaar. Die tema is ” Die pad van Dissipelskap   en sal spesifiek wees vir enige leraars en enige iemand wat meer wil weet en saam wil gesels oor die tema. Sien al die inligting hieronder, of kontak vir pierre@ekerk.org om meer uit te vind.
 learningcommunity2
Hierdie geleentheid bied 5 VBO punte.

Meer oor die webinaar:

Tema : Die pad van dissipelskap

Dissipelskap. Ons hoor dit so baie by gelowiges en in die gemeentes.

  • Wat is dissipelskap?
  • Moet elke gelowige nie ‘n dissipel wees nie?
  • Waar leer ons as geestelike leiers van dissipelskap?
  • Wat is ons rol as geestelike leiers om mense as dissipels toe te rus?
  • Wat is die rol wat die Bybel speel ten opsigte van dissipelskap?
  • Wat kan Lukas en Handelinge ons leer van dissipelskap?
  • Moet ‘n dissipel ‘n buitengewone gelowige wees?

Waar: Webinaar

Wanneer en sprekers:

  • 22 Mei 2014: Mynhardt van Pletsen wat gaan gesels oor waar ons moet reg begin om dissipelskap reg te verstaan.
  • 29 Mei 2014: Pierre Engelbrecht wat gaan kyk na dissipelskap vanuit Lukas-Handelinge en wat Jesus ons leer van dissipelskap.
  • 5 Junie 2014: Stephan Joubet waar hy gesels oor  ‘n paar leefreëls vir gewone mense wat buitengewone lewens wil leef.

Tyd: 10:30 – 12:00.

Koste: Gratis.

Die voorgeskrewe boek vir die webinaar:

Registreer deur die volgende link te volg: http://form.jotformpro.com/form/41283252802953

 

Willie Jonker Gedenklesing

Written by Wilma le Roux on . Posted in Vennote

ROME EN REFORMASIE: QUO VADIS

RING VAN KAAP DIE GOEIE HOOP

WILLIE JONKER-GEDENKLESING

Die Ring van Kaap die Goeie Hoop bied die jaarlikse Willie Jonker–gedenklesing aan op Sondag 27 Oktober om 15:30 by die Cape Peninsula Reformed Church (Kloofstraat 55, reg langs Groote Kerk se gemeentesentrum).

Die spreker by die geleentheid is Dr Sorita Baard. Sy het ‘n BTh en MTh graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf gevolg deur ‘n PhD in Sistematiese Teologie, magna cum laude, aan die Princeton Teologiese Seminarie. Sy het grootgeword in die NG Kerk, maar is nou lidmaat van die Presbiteriaanse Kerk (VSA). Sy is sedert 2004 dosent in geesteswetenskappe met spesifieke fokus op Augustinus en sy erfenis by die Villanova Universiteit, ’n Rooms-Katolieke Universiteit van die Augustynse Orde net buite Philadelphia, Pennsylvania, VSA.

Haar tema vir die gedenklesing is: “ROME EN REFORMASIE: QUO VADIS”.

fourie@straatwerk.org.za met navrae.

Onthou die Heidelbergse Kategismus

Written by Wilma le Roux on . Posted in Seminarium, Vennote

“Remembering the Heidelberg Catechism in (South) Africa today”/

“Onthou die Heidelbergse Kategismus in (Suid-) Afrika vandag”

Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

30 Oktober – 1 November 2013

 Vanjaar is die 450-jarige herdenking van die invloedryke Gereformeerde belydenisskrif, die Heidelbergse Kategismus. Instellings en gemeenskappe met Gereformeerde wortels (insluitend in Heidelberg, Duitsland, waar die dokument ​​in 1563 ontstaan het te midde van godsdienstige en politieke konflik en polarisasie), herdenk dit met talle geleenthede wêreldwyd. In Suid-Afrika en die res van Afrika het die Heidelbergse Kategismus, as deel van die belydenisskrif van die meeste Gereformeerde kerke, ‘n besonder interessante historiese ontvangs gehad, met ‘n groot godsdienstige en kulturele impak.

Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch herdenk die 450-jarige bestaansjaar van die Heidelbergse Kategismus  deur van 30 Oktober tot 1 November 2013 ‘n internasionale konferensie by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch, aan te bied.

Die konferensie, “Onthou die Heidelbergse Kategismus in (Suid-) Afrika vandag”, sal ʼn oorsig bied oor die ontstaan en konteks van die dokument in die 16de eeu, asook die teologiese en sosiale betekenis, historiese ontvangs en die hedendaagse relevansie daarvan.

Gestruktureerde MTh in Praktiese Teologie

Written by Wilma le Roux on . Posted in Seminarium, Vennote

Gestruktureerde MTh in Praktiese Teologie (889-opsie) 2014

(Met ‘n spesifieke fokus op Pastorale Sorg en Berading)

Dissiplinegroep Praktiese Teologie & Missiologie

Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch

 
Ons bied graag ‘n gestruktureerde MTh in Praktiese Teologie aan met ‘n fokus op Pastorale Sorg en berading  vir 2014-2015. Hierdie kursus bied ‘n unieke leerervaring aan alle studente wat in Pastorale Sorg en Berading belangstel.

MTh Bedieningspraktyk – 2014

Written by Admin on . Posted in Ekklesia, M Th, Nuus

Die Universiteit van Stellenbosch bied ‘n twee-jaar modulêre MTh in Praktiese Teologie (Bedieningspraktyk) aan. Die doel van die program is om missionale leierskapkapasiteit te bou deur lees, sterk teologiese dialoog, deelname aan geestelike dissiplines, om te eksperimenteer met missionale leierskapsuitdagings en persoonlike besinning (joernaal) en rigting.
Sien aangeheg volledige besonderhede:
 
MTh_Bedieningspraktyk_2014

MTh met die fokus op gesondheid en gender

Written by Wilma le Roux on . Posted in Ekklesia, Kursusse, Seminarium

Fakulteit Teologie

Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, in samewerking met die Kerk in Swede, bied hiermee ‘n besonderse geleentheid aan studente om ‘n Magister in die Teologie te voltooi met die fokus op gender en gesondheid. Die Magister kan in enige van die huidige teologiese dissiplines geregistreer word (Ou Testament, Nuwe Testament, Ekklesiologie, Sistematiese Teologie, Missiologie en Praktiese Teologie).  Tien studente kom in aanmerking vir befondsing binne die Spesiale Fokus Magister Program vir die studietydperk  Januarie 2014 tot Maart 2015.

Interpretasies wat herstel en heelmaak:

Written by webmeester on . Posted in Vennote

Die Ou Testament, Etiek en Menswaardigheid

Prof Bruce BirchAs deel van die Fakulteit Teologie se Hoop-Projek wat fokus op die bevordering van menswaardigheid, bied die Dissiplinegroep Ou en Nuwe Testament van die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, in samewerking met Ekklesia en Communitas ʼn twee-dag-konferensie met die tema “Interpretasies wat herstel en heelmaak: Die Ou Testament, Etiek en Menswaardigheid.” Die konferensie vind plaas op Woensdag 4 en Donderdag 5 September 2013 van 8:30 – 16:30 in die Hofmeyr lesingsaal by Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.