SAVGG/SAPMC NUUSBRIEF 02

Written by Gideon Kok on . Posted in Nuus

2. Patrone van Gestuurdheid.

Daar is op die webblad vir die Vennootskap ʼn afdeling geskep vir die Gestuurde patrone.  Ons is besig om bronne en programme wat gemeentes kan gebruik ten opsigte van die patrone op te laai.

  • Indien julle gemeente programme of bronne ontwikkel het om ʼn spesifieke patroon in die gemeente te vestig, stuur dit asb. aan vir Gideon Kok by kokgj@vodamail.co.za sodat hy dit kan plaas.
  • Daar is reeds kort opsommings van die patrone en ʼn preekreeks van Somerstrand gemeente.

Ons sien uit daarna om op hierdie manier mekaar se vennote te wees.

3. GESPREK – Die bewegings van die Gees.

Daar is tans op www.communitas.co.za ʼn gesprek aan die gang oor die bewegings van die Gees soos wat gemeentes dit hierdie Pinkster beleef het.  Die eerste 5 bewegings is geplaas.

Jannie Swart is ook besig om op sy blog “Tussen-in” op www.communitas.co.za interessante boeke te bespreek oor die werk van die Heilige Gees.

4. KONFERENSIE : 9-11 Nov 2009 : “Beliggaming van die Gestuurde Visie.”

Die Vennootskap se leesspanne is besig om die leesverslae op te stel van 20 gemeentes wat reeds 5 jaar met die reis besig is.  By die konferensie in November gaan ons na die verhale van gestuurde transformasie luister en saam onderskei oor die wyse waarop die gestuurde visie gestalte vind in Suider Afrika.

Stuur asseblief hierdie nuus aan na soveel moontlik belangstellendes.

Frederick Marais
jfm@sun.ac.za
SAVGG Projekleier
Communitas Stellenbosch
(0)21 808 3265 of 0833801657

SAVGG/SAPMC NUUSBRIEF 01

Written by Gideon Kok on . Posted in Nuus

2. NUWE CLUSTERS

2.1.  Hier volg kort nuus rakende nuwe clusters in die land:

  • Danie Mouton het ‘n bekendstelling in KZN gedoen hierdie week en ons hou duim vas dat daar ook in hierdie streek ‘n cluster sal begin
  • Gauteng 3 (Johannesburg) se cluster skop volgende naweek af.  Gideon Kok, Willem Strauss en Corneil du Plessis is die aanbieders.
  • In die Noord-Kaap woel dit ook.  Louwtjie laat weet dat daar ‘n moontlikheid is van ‘n nuwe cluster op Kathu. Hy en Andre de Villiers neem die leiding daar.
  • Die Boland cluster hou op 20 Junie ‘n laaste inligtingsessie en hoop om in die derde kwartaal af te skop.  GP Kellerman is aanbieder.  Daar het reeds vyf gemeentes ingekoop en ons hoop daar is nog oppad!
  • In die Vrystaat oorweeg die Ring van Sasolburg om as Ring met ‘n cluster te begin en sal in die 3de kwartaal verder hieroor praat.
  • In die Bosveld agter die Waterberge het gemeenteleiers verlede week vir ‘n eerste informele sessie bymekaar gekom en daar is baie entoesiasme onder die gemeentes van die omgewing om te begin.  Hannes Peens is clusterleier en Chris Harris van Potgietersrus sal as aanbieder optree.
  • In Pretoria praat hulle ook van nuwe clusters maar hierdie week kan hulle nie dink nie- hulle breine is blou – dus hoor ons later van hulle …

3. HANDELINGE KONFERENSIE
Die Handelinge konferensie van verlede week het ‘n groot inpak gemaak op ons almal wat gestuurde teologie probeer bedink. Dankie aan ‘n klomp van julle wat hier was en bydraes gemaak het! Die referate is op www.communitas.co.za beskikbaar. Gaan  lees en luister gerus. Dit is werklik baie goeie missionale stof om met taakspanne, ensovoorts,  te behandel
Gemeentes wat wil “Wandel in Handelinge” kan gerus met Johann du Plessis van Kenridge gemeente kontak. Meer detail is op www.communitas.co.za

4. NOVEMBER 2009 KONFERENSIE
Die Vennootskap is vanjaar 5 jaar aktief in Suider Afrika en ons hou 9-11 November ‘n konferensie met die tema: “Beliggaming van die Gestuurde Visie.”
NG Helderberg gaan as gasgemeente optree.
Prof. Pat Keifert en ander internasionale vennote sal ook die konferensie bywoon. Volgende keer meer detail hieroor.
Stuur asseblief die nuus aan na soveel moontlik belangstellendes

Dr. Frederick Marais
SAVGG Projekleier
Noordwal-Wes Kweekskool Stellenbosch
(k) 00-27-(0)21 808 3265
(f) 00-27-(0)86 530 4106
(s) 00-27-(0)83 380 1657
e-Pos : jfm@sun.ac.za
Blog : www.communitas.co.za/Padlangs
Webwerf : www.communitas.co.za

Vennootskap vir gestuurde gemeentes Nuwe clusters in 2009

Written by Frederick on . Posted in Nuus

  1. Boland cluster: Bekendstellingsgeleentheid by Worcester-Noord NG gemeente 17 Kontak vir Johan Niewenhuizen by 0823771110 of go-mad@ananzi.co.za
  2. Vrystaat 2de cluster: Kontak vir  Carel van der Merwe by 0828217600 of clvdm1@gmail.com
  3. Johannesburg 3de cluster: Kontak vir Gideon Kok  082 894 7278  kokgj@vodamail.co.za, Willem Strauss by struis@acenet.co.za of Corneil du Plessis by corneil@telkomsa.net oor die detail van ‘n bekendstellingsgeleentheid in April. U kan ook hier meer daaroor lees.
  4. Die Moot Pretoria: Kontak vir Jan Botha by jan@pastoralepraktyk.co.za
  5. Pretoria-Oos cluster: Gustav Claasen gustavcl@mweb.co.za van Monumentpark.  Hierdie cluster beoog om in Junie 2009 af te skop.
  6. Ellisras/Potgietersrus cluster: Kontak vir Hannes Peens hpeens@lantic.net die cluster leier  Aanbieder is Chris Harris van Potgietersrus.
  7. Oos-London cluster: Danie Mouton is besig om met gemeentes in die omweging van Oos London gesprek te voer oor ‘n moontlike cluster daar. Kontak hom by 0829234178 of dwmouton@telkomsa.net.
  8. Kwazulu-Natal:Danie Mouton sal tydens Pinkster ‘n bekendstellingsgeleentheid in die streek hou.  Kontak hom by 0829234178 of by dwmouton@telkomsa.net.

Testing the Spirits

Written by webmeester on . Posted in Nuus

In this volume (edited by Church Innovations’ president, Patrick Keifert) seven scholars provide a helpful map for charting a number of the shifts at the intersection of theological education and congregational development, offering readers keen insights into how to navigate their complexities. Theological educators, seminary students, pastors, and denominational officials and staff will find in these pages substantive biblical and theological perspectives that help to frame specific approaches to moral deliberation and decision-making within congregations — and through congregations for the sake of the world.

Navorsing oor Gestuurdheid in Suider Afrika

Written by Frederick on . Posted in Nuus

Die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes is in 2009 vyf jaar besig in Suider Afrika. Ons beplan ‘n groot navorsingsprojek waarin ons saam met verskeie vennote gaan ondersoek doen oor die patrone van gestuurdheid in gemeentes in Suider Afrika. 9-11 November hou ons ‘n konferensie die resultate van die navorsing te bespreek deur saam terug te kyk oor die afgelope 5 jaar, maar ook vorentoe te kyk oor die pad vorentoe. Indien jy belangstel om deel te neem aan die projek kontak Frederick Marais gerus by jfm@sun.ac.za daar is ‘n verskeidenheid van maniere waarop gemeentes en navorsers kan deel neem aan die projek