Communitasⓔ
Communitas fokus op hulpverlening aan leraars en leiers in gemeentes. Met Communitasⓔ word dit nou ‘n stappie verder geneem. Ons wil produkte saam met rolspelers ontwikkel wat nie noodwendig kommersiële waarde inhou nie, en hoofsaaklik elektronies bemark word. Dit sluit onder andere hulpmiddels, bedieningsmateriaal, hulpbronne, en prosesse vir gemeenteleiers en –groepe in.
Ons gaan op twee maniere te werk gaan.
- Communitasⓔ publikasies: Sommige publikasies sal aan die hand van ons eie interne prosesse voorberei word en sal ‘n Communitasⓔ ISBN nommer ontvang. Ons dink hier aan nuwe produkte, maar ook ouer publikasies wat uit druk is.
- Selfpublisering: Ander publikasies sal sonder enige verandering geplaas word, om leraars en leiers geleentheid te gee om hulle materiaal vir ‘n wyer gehoor beskikbaar te stel.
Die hulpmiddels kan in enige elektroniese formaat beskikbaar gestel word. Vir leeswerk sal ons aanvanklik met Epub werk, omdat Amazon nog nie Mobi formaat publikasies wat in Afrikaans geskryf is vir Kindle toepassings toelaat nie. Vir Dataprojektors kan PowerPoint, videos en oudio gebruik word. Ander produkte kan in Word en Pdf beskikbaar gestel word vir redigering en/of duplisering. Uiteraard sal daar ook altyd die moontlikheid wees van bydraes op ons Blogs en Forums.
Epub kan onder andere deur die volgende toepassings gelees word:
- Adobe Digital Editions op PC’s en Mac’s,
- Bluefire reader op Apple iOS en Android,
- Stanza op Apple iOS en Android,
- iBooks op Apple iOS, en
- Epub Reader op Blackberry.
- Met ‘n Converter op Kindle.
Kindle lesers
- Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”. Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
- Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n epub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle. (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)