{ARGIEF}

In die nuutste uitgawe van Pretoria se Fakulteit teologie se nuusbrief Teo.co.za is hierdie interessante bydrae van Hennie Pieterse oor die liturgiese diversiteit in ons land:

“Oor die algemeen word die liturgiese landskap van kerke in Suid-Afrika deur diversiteit gekenmerk. In dieselfde kerkgenootskap kan telkens diversiteit in die liturgieë waargeneem word. En dit geld nie net vir die NG kerk nie. Tussen die verskillende denominasies is daar ook ‘n groot diversiteit in die liturgie te bespeur, selfs al is daar sekere gemeenskaplike ekumeniese aspekte daarin soos byvoorbeeld die vier fases in die verloop van die erediens. In hierdie verband kan ons die konsep van local theologies van Robert Schreiter as hermeneutiese uitgangspunt oorweeg, wat as verstaanskader vir die diversiteit kan funksioneer.

“… local theologies can have nuances in the theological tradition of a church denomination as a result of a congregation’s history, context and in the diversity in spirituality. A congregation has acultural web. In this cultural web beliefs, interpretation of the confessional creeds, history of a congregation, spirituality, attitudes, morals, customs, specific practices of a certain pastor,and the environment form an intertwined whole that is a cultural web”(Schreiter 1985:3).

In elke plaaslike gemeente het hierdie verskynsel van ‘n eiesoort subkultuur ‘n invloed op die inrigting van die liturgie, tesame met die eietydse postmoderne lewensgevoel.

Om die volle artikel te lees kliek hier.