The Contemplative Pastor – Eugene Petersen

Written by webmeester on . Posted in Artikels

  1. The Unbusy Pastor: Hy glo ons roeping is om ‘n “unbusy pastor” te wees wie se drie hooftake is gebed, preek en luister. Ek kan tegelyk aktief wees en bid, maar nie besig en bid nie [innerlik gejaagd en ongefokus]. En om “drenched in Scripture” te wees as deel van my preek voorbereiding, vra ook hierdie “unbusy-ness” [innerlike rustigheid]. Dit neem langer as om bloot ‘n preek voor te berei. “Unbusy” wees is ook nodig vir regtig luister – net dan sal ek die energie en tyd vir mense hê. Daarom is dit krities dat ek vir hierdie drie dinge tyd dagboek  en genoeg “margins” skep. Hierdie gebed neem my nie uit die lewe uit nie. Dit beteken “practising the art of prayer in the middle of the traffic.”  [Belangrik ook: ek hoef nooit te motiveer waarom my program en dagboek op ‘n sekere tyd vol is nie; as ek sê waarom, kan mense die meriete daarvan met my begin bespreek en dan het ek klaar verloor.
  2. The Subversive Pastor: Om predikant te wees, beteken om subversief [“ondergronds”] te werk. Ek moet mense bekendstel aan die werklike wêreld [God se wêreld] en hulle oplei en toerus om daarin te leef – in hierdie wêreld. Op subversiewe manier ondermyn ek “the kingdom of self” en help mense om in die Koninkryk van God te leef. Maar wees bedag daarop: “the kingdom of self is heavily defended territory”!  Dit is vir ons baie moeilik om hierdie rol te bly vervul. ”We don’t like being wallflowers at the world’s party.” Maar al die beelde van die Bybel oor hoe die Koninkryk kom, veronderstel so ‘n stil en amper ongemerkte funksionering – bv sout, mosterdsaad, God is in die stilte by Elia en nie in die storm nie, nie deur mag en geweld nie, maar deur my Gees…ens. Jesus het hierdie rol vervul dmw stories [gelykenisse]. Mense laat hulle verdedig sak, omdat dit ‘n storie is en hulle nie direk gekonfronteer word nie. Eers later “ontplof” die betekenis in mense se gemoed en denke.  Petersen sê tereg: “This is our primary work in the real world. But we need continual convincing.”
  3. The Apocalyptic Pastor: Hy beskryf die predikant se kerntaak ook met die term “apokalipties”. Die werklikheid van die Koninkryk van God waarin ons reeds leef, maar meesal nie raaksien nie, moet vir mense “oopgemaak” word. Dit is wat Johannes doen in sy Openbaringboek. Op hierdie permanente grens tussen die werklike wêreld soos mense dit ervaar en die werklike wêreld van God se Koninkryk, leef ek as predikant. En my hooftaak hier is om te bid – soos Johannes. Nie om ‘n messias te word en God se werk vir Hom te probeer doen nie. “St John does not miss much. He is an alert and alive pastor. He reads and assimilates the Scriptures; he reads and feel the impact of the daily news. But neither ancient Scripture nor current event is left the way it arrives on the doorstep; it is all turned into prayer.” Hierdie taak vra baie geduld. Dit vra “hanging in there”, “sticking it out”. Johannes is verskriklik dringend, maar hy is nie haastig nie – want die tye is in God se hand. Daarom veronderstel hierdie apokaliptiese taak as predikant van my getrouheid: aan God, maar ook aan mense, aan ‘n gemeente, aan ‘n sekere plek.
  4. Daarom mag my bediening nie opgaan in “running a church” nie. My bediening sluit baie bestuurstake in, maar mag nie daardeur gedefinieer word nie. Dit beteken dat ek my werk doen vanuit die sekerheid dat God reeds in ‘n gegewe situasie is en deur sy Gees werk voordat ek op die toneel kom. Daarom is ek versigtig om “beheer” te neem van ‘n situasie. Ek probeer eerder agterkom hoe God reeds werk, watter tekens van God se werk en genade ek kan raaksien, waarmee God reeds besig is waar ek moet saamwerk. Dit gaan in die bediening nie in die eerste plek oor probleme wat moet opgelos word nie, maar oor die misterie van God se werk en teenwoordigheid en die paradoks van die Evangelie waarbinne ek biddend probeer beweeg. “Our most important work [is] directing worship in the traffic, discovering the presence of the cross in the paradoxes and chaos between Sundays, calling attention to the ‘splendour in the ordinary’, and, most of all, teaching a life of prayer to our friends and companions on the pilgrimage.”
  5. Dit beteken dat my onderrigtaak in die gemeente [“teaching”] ook ‘n eie aksent het. Dit is nie, soos in ander dissiplines, primêr oordrag van inligting en oorreding nie. Dit is om mense die taal te leer waarmee hulle oor en met God kan praat.
  6. Anders as waarskynlik ‘n paar dekades gelede, is mense [Christene; kerkgangers] vandag baie bewus daarvan dat hulle nie lewe soos ‘n Christen regtig behoort te lewe nie. Hulle voel voortdurend dat hulle dit “nie maak as Christene” nie. Soos Paulus, moet ons daarop ingestel wees om mense te help om raak te sien waar God en sy genade reeds in hulle lewens teenwoordig is. Dit help mense groei in hulle verhouding met God – eerder as wanneer hulle heeltyd as sondaars afgemaak word. “ Pastoral discernment that sees grace operating in a person keeps that person in touch with the living God.”
  7. Twee van die grootste gevare vir my werklike taak as predikant, is toneelspel [dat ek my rol as predikant kan “fake”] en dat my hooftaak word om die gemeente tevrede te hou. Om predikant te wees is een van die maklikste werke op aarde – as jy tevrede daarmee is om maar net die gemeente tevrede te hou. Daarom moet ons bedag wees vir die “job” wat gemeentes vir ons gee. Dit is dikwels take wat eintlik niks met God te doen het nie. “How to I keep the line sharp? How do I maintain a sense of pastoral vocation in a community of people who hire me to do religious jobs?” Ons moet die versoeking deurlopend weerstaan, want ten diepste is mense se verwagtings van ons tog iets anders. Ten diepste wil hulle tog dat ons hulle moet lei om Jesus regtig na te volg. Hulle soek daarna dat ons woord en sakrament in die verskillende seisoene van hulle lewe aan hulle sal bedien en hulle so sal help om uit die kernrealiteite van die lewe te leef, nl God, die Koninkryk en die Evangelie. Wanneer mense se verwagtings van ons nie dit is nie – omdat hulleself dikwels nie besef wat hulle eintlik behoeftes is nie – moet ons dit weerstaan en bly by wat ons weet ons diepste roeping is.

        Trackback from your site.

        Leave a comment