{ARGIEF}

Hooglied cover 200pxHooglied se liefdesgedigte belig verskeie kante van die liefde, die passievolle plesier in mekaar se geselskap, die wedersydse geborgenheid by mekaar, en die genot van seksuele eenwording binne die veilige ruimte van die familie en die huwelik. Hooglied besing nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde nie, maar vertel ook van die teleurstellings en verwyderings, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan.

Dit is die essensie van die wysheid van Hooglied, dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike, wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou. So leer ‘n mens dat liefhê ‘n kuns is wat nie net op onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook ‘n emosionele volwasse wording van die verhouding moet insluit. Hierdie is die derde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.

Hierdie is die derde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.  Die eerste twee was die boek Prediker en Spreuke.  In die pyplyn vir verdere ePub publikasie is onder andere Johannes en Jesaja.

Vir reekse oor ander Bybelboeke (reeds 27 beskikbaar) kan jy Bybelskool.com besoek en daar inskryf.  Dit is gratis.

Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

ePub kan onder andere deur die volgende toepassings gelees word:

 

Kindle lesers

Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n ePub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die ePub formate wat ons beskikbaar stel nie, kan jy ‘n ePub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobi formaat vir Kindle lesers. Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:

  • Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”.  Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
  • Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n ePub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle.  (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)