{ARGIEF}

PredikerDie Prediker dink na oor die sin van die lewe. Hy sluit aan by die diep soeke in ons na meer, na beter, na die buitengewone. Ons soek daarna in besit, plesier, mag, avontuur, wysheid, kennis, selfs in dwaasheid. Die probleem hiermee sê die Prediker, is dat dit uiteindelik vrugteloos is. Dit kom tot niks. Dit is hebel – niks, nietigheid, ’n rookwalmpie, ’n miswolkie, ’n wasempie – ’n metafoor vir die wese van die menslike toestand.
Die Prediker wil ons daarom herinner aan die werklikheid van God, die enigste Een wat regtig sin kan bring aan ons lewens “onder die son”. Sy slotsom is dat wanneer die lewe as ‘n gawe uit Sy hand geniet word, die lewe begin sin maak. Dan vind die begeerte na meer in God sy vervulling. Die vreugde van die reis self, en die genot van die oomblik as sodanig, is reeds die gawe van God, nie eers die blywende waarde of uiteindelike betekenis daarvan nie.
Hierdie is die eerste boek in die reeks van Chris van Wyk:  Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.  In die pyplyn vir verdere epub publikasie is onder andere Spreuke, Hooglied, Johannes en Jesaja.
Vir reekse oor ander Bybelboeke (reeds 27 beskikbaar) kan jy Bybelskool.com besoek en daar inskryf.  Dit is gratis.

Epub kan onder andere deur die volgende toepassings gelees word:

Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

Kindle lesers

Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n epub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die epub formate wat ons beskikbaar stel nie, kan jy ‘n epub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobi formaat vir Kindle lesers. Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:

  • Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”.  Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
  • Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n epub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle.  (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)