{ARGIEF}

1.  Co-mission-ing: Worship of the Missional Church

Jannie Swart

Those familiar to missional church conversations are used to the fairly common practice of rooting mission in the trinitarian character of Christian theology.  As my doktorvater, Gary Simpson, frequently says,  “No Trinity, No Mission” (the title of his article in the Summer 1998 volume of Word & World).

For those less familiar to the background of this conversation, the retrieval of an integral relationship between Trinity and Mission in today’s missional ecclesiology goes back to the groundbreaking International Missionary Council at Willingen, Germany in 1952 where a trinitarian emphasis on missio Dei became the theological warrant for mission.  Behind this conference stands the impressive figure of Karl Barth who – against the liberal theological impulses of his day rooted in the individual as autonomous subject – influenced theological discussion with a return to a primary focus on the action of God.

Lees meer …

2.  Hoop vir matrieks op die Platteland

Frederick Marais

Ek is die naweek in ‘n pragtige plattelandse dorp. Die gemeente ondersteun die 37 matrieks wat môre begin om eksamen te skryf. Gemeentelede het die matrieks aangeneem en ondersteun hulle deur die loop van die eksamen. In die konsistorie kla een van die onderwysers dat daar té veel kospakkies afgelaai word.  Sy is bang die kinders gaan meer eet as wat hulle gaan leer.

Die kerkraad glimlag onderlangs skelm soos oupas wat hulle kleinkinders skelm bederf. Die onderwyseres kla verniet, weet ons almal, die kerkraad gaan hulle in die grond in bederf. “Dit maak nie saak nie,” sê ‘n boer uit die distrik, “geen mens kan leer op ‘n leë maag nie en ek het in my jare in die koshuis te veel honger gehad.”

Lees meer …

3.  Mure

Video-clip

Die kortfilm help gemeentes om te onderskei of hulle ’n gemeente is wat mense binne hou deur mure rondom hulle te bou en voorwaardes te gee vir behoort en of hulle ’n gemeente is wat met die aantrekkings krag van Christus versamel. Die bekende “bounded sets” teenoor “centered sets” word verduidelik en in ’n metafoor verpak wat gebruik kan word in eredienste en kleingroepe.

Lees meer …

4.  Kontak-kommunikasie

Gielie Loubser

Een van die gebiede waar die wêreld die heel meeste vordering gemaak het die afgelope 40 jaar is die gebied van kommunikasie. Reeds van die laat 19de eeu probeer ons kommunikeer met toestelle en die ontdekking van “wireless” toestelle wat jy saam met jou kon rondry!  Nou het alles net onherroepelik verander.

Onbetaalbare selfoon oproepe en 85c smsse (snaaks dis nog steeds 85c al vir meer as 10jaar!) is later vervang met internet gebaseerde kommunikasie programme soos Mix-it en later BBM en WhatsApp and still counting … Ook die Facebook en Twitter-era help ons in kontak bly en voorsien aaneenlopende kommunikasie.  En tog… Ons weet nie meer hoe om te kommunikeer nie. Ouers vertel dat hulle nie meer weet hoe om met hulle kinders kontak te maak nie.  Hulle stuur ook nou maar ’n WhatsApp!

Lees meer …

5.  Publikasie van eBoeke

Ons nooi al ons leraars en leiers uit om dié geleentheid aan te gryp om by ons te publiseer en óf publikasies aan ons voor te lê vir insluiting in ons Communitase prosesse óf die kans tot selfpublisering te benut.

Kontak die webmeester.

Lees meer …

6.  Spreuke in ePub formaat

Chris van Wyk

Spreuke epub 200Spreuke leer ons dat daar ’n regte pad is om op te loop en ’n verkeerde een. Deur tien lewenslesse en meer as vyfhonderd en sestig spreuke leer die boek ’n mens om hierdie wyse pad in die praktyk van die lewe te onderskei en daarvolgens te begin lewe. Dit leer jou ook om die dwase afdraaipaaie te vermy, opgesom as: easy moneyeasy sex en easy power.

Wysheid begin by die eerste beginsel van die geestelike lewe, die ontsag vir God. Dit word prakties geïllustreer in die voorbeeld van rolmodelle wat nagevolg moet word. Daarmee leer Spreuke jou die geheim van die lewe voor God ken en inspireer jou om deurleefde oortuigings in die lewe te ontdek en jou eie te maak. Met vele stories, beelde, waarhede en slim slagspreuke leer jy só om ‘n ekspert in die lewe te word. Wysheid word daardeur jou metgesel en laat jou met takt en oorleg in die teenwoordigheid van God self leef.

Hierdie is die tweede boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.  Die eerste was die boek Prediker.  In die pyplyn vir verdere ePub publikasie is onder andere Hooglied, Johannes en Jesaja.

Vir reekse oor ander Bybelboeke (reeds 27 beskikbaar) kan jy Bybelskool.com besoek en daar inskryf.  Dit is gratis.

Lees meer …

7.  Sentrum vir die Opleiding van Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkelaars

GKS

Die Raad vir nuwe Gemeente ontwikkeling en Kerklike Samewerking – GKS – se doel is om gemeentes en ringe te begelei om by God se sending na die wêreld betrokke te raak deur saam as familie van kerke nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel. Dit behels onder andere:

  • Om gemeentes en ringe aan te moedig om nuwe bedieninge / gemeentes te ontwikkel, navorsing oor potensiële ontwikkelingspunte te doen,
  • vennootskappe te vestig,
  • befondsing vir nuwe projekte te voorsien asook
  • opleiding te doen met lidmate, kerkraadslede en leraars wat belangstel.

Hooffokus vir 2013: ‘n Opleidingsentrum vir Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkelaars

Op grond van ‘n vennootskap wat Communitas en Ekklesia met Fresh Expressions of Church kon sluit,  gaan ons in 2013 hulle hoofkursus as loodsprojek aanbied, nl.  Mission shaped Ministry (MSM).

Lees meer …

8.  Begeleidingsentrum vir Predikante

Pierre Goosen

Roeping kry beslag

Ons het pas ons tweede Begeleidingsentrum-proses agter die rug.  Tien predikante het sovêr die proses deurloop.  Sodoende het ‘n roeping wat einde 2010 geformuleer is, beslag gekry.  Dit was ‘n proses van etlike maande waaraan vele predikante met ‘n bedryfsielkundige saamgewerk het om dit moontlik te maak. Te oordeel aan die terugvoer van die deelnemers sowel as die entoesiasme van die begeleiers, wil ons  glo dat ons met iets besig is wat vir die kerk tot groot voordeel kan wees.

Die Sentrum vir die Begeleiding van Predikante fokus doelgerig op die geloofs-, emosionele en organisatoriese ontwikkeling van die predikant.  Predikante het nie net die roeping om hul gemeentes geestelik te lei en te versorg nie, maar is ook veranderings-agente wat mense moet help in hul verhouding met God, en om ‘n inpak op die samelewing te maak.  Die doel van die sentrum is dus om ‘n instrument te wees in die voortgaande ontwikkeling van predikante, sodat hulle hul roeping in die gemeentes of werkplek kan uitleef op ‘n wyse wat vir hulle bedienings- en lewensvreugde sal gee.

Lees meer …

9.  Wat veroorsaak Introversie?

Chris van Wyk

Die debat oor introversie-ekstroversie word baie keer aan die hand van die kategorieë van Nature of Nurture gevoer.

  • Sommige navorsers beklemtoon die oorgeërfde karakter van ons temperament wat in ons persoonlikheid herken kan word.
  • Sommige beklemtoon die effek van die omgewingsfaktore soos opvoeding en lewenservarings (Susan Cain, Quiet, 2012:99 vv).

Jerome Kagan (Harvard) se navorsing hieroor het sedert 1989 die temperament en persoonlikheid van 500 vier maand oue babas gevolg. Sy aanspraak was dat hy reeds op 4 maande ouderdom introversie en ekstroversie sou kon voorspel. Die babas is aan verskillende nuwe stimuli blootgestel (stemme op bandopnames, barsende ballonne, kleurvolle “mobiles”, die reuk van alkohol op watte).

  • So 20% het besonder sterk daarop gereageer, gehuil, arms en bene beweeg – ‘n groep wat hy “high-reactive” genoem het.
  • So 40% het stil en kalm daarop gereageer. Hierdie groep wat gee drama getoon het nie, het hy “low-reactive” genoem.
  • Die ander 40% was tussen hierdie ekstreme geleë.

Nou, anders as wat ons sou verwag het, het hy voorspel dat die “high-reactives” ‘n introverte persoonlikheid sou ontwikkel, en die “low-reactives” ‘n ekstroverte persoonlikheid.

Lees meer …

10.  Learning Community 8 November

E-kerk

Die wêreld verander vinniger as wat ons kan byhou! Partykeer is dit net nodig om stil te sit, en versigtig na die wêreld om ons te luister en dit weer van voor af te leer ken. Dis slegs wanneer ons deur die bril van die evangelie na die wêreld kyk, dat ons waarlik relevante verskille in mense se lewens kan maak. E-kerk se leerervarings het ten doel om deur middel van seminare en gesprekke leiers te help om versigtig te luister, vinnig te leer en voluit te leef.

Kom luister en leer saam met ons volgende maand 8 November in Stellenbosch oor die volgende vrae:

  • Hoe lyk ons postmoderne wêreld in terme van nuwe tendense en neigings?
  • Watter geleenthede skep ‘n veranderende wêreld vir die kerk in die breë?
  • Watter praktiese hulpmiddels is beskikbaar in terme van tegnologie, dissipelskap, leierskap en kommunikasie?

Ons sprekers vir die dag sal insluit Stephan Joubert, Mynhardt van Pletsen, Pierre Engelbrecht, André Serfontein en Frederick Marais.

Vir meer inligting oor die dag, asook die registrasie vorm.