{ARGIEF}

 Gemeentepakket

Gielie Loubser

Ons wil jou herinner aan die pakket produkte wat jou as gemeente-leier kan help met jou werk in die gemeente. Van Advent 2012 af kan jy 10 produkte weekliks aflaai.Hierdie produkte is almal belyn met die leesrooster fokusteks van die week. Ons hoop die produkte sal waarde toevoeg tot ’n geïntegreerde bedienings-model waar die hele gemeente ’n week lank saam delf en wandel uit een teks. Ons droom is dat mense beleef hoe ’n saam-geleesde teksgedeelte ons as gelowiges laat groei. Hierdie pakket sal werk met ’n jaar inskrywing teen ’n koste van R2000 per gemeente. Dis minder as R50 per week. Al die produkte sal elektronies beskikbaar wees. Jou gemeente kry toegang tot ’n webtuiste by Communitas waar alles maklik aflaaibaar is.


 

Kleingroepwerk – Saam verder gedink

Eddie Orsmond

Die Communitas Leesrooster vir lidmate word vanjaar uitgegee onder die naam Woord en lewe.
Die weeklikse bydraes is ietwat verkort deur die groepstudie uit die boek te haal. Dit verskyn nou in elektroniese formaat op Communitas se webblad onder die naam Saam verder gedink.
Jy kan die 52 weke se stof vir kleingroepe by hierdie skakel aflaai. Die preekriglyne word vanjaar uitgegee onder die naam Woord en fees.
Terug

VBO 2013

Chrisna van der Merwe

Terug

Persoonlike transformasie uitdaging

Pierre Goosen

Baie eenvoudig gestel, jy sal nie verander as jy nie weet dat jy van punt A na B moet gaan nie.
‘n Dieper kyk na hierdie stelling beteken dat as verandering gelyk is aan transformasie, die aanpassings onder die water (metafoor van die ysberg) plaasvind en daar nie net “window dressing” gedoen word nie.
Dit beteken ook dat om van punt A na B te skuif, jy nie net moet weet waar Punt A en B is nie, maar ook vanwaar punt A kom en waarheen punt B gaan. Dit beteken sekerlik ook dat jy moet weet wie punt A is en wie punt B is en wat die inpak op mekaar sal wees (metafoor van die eiland). Die verandering kan in ‘n oomblik gebeur en die sneller kan ‘n momentele gebeure wees, maar dit gebeur waarskynlik binne ‘n proses, en met verloop van tyd. Dit gaan in elk geval verseker ‘n proses tot gevolg hê.
Dit beteken ook dat jy die vraag moet vra: Moet ek óf wil ek. Mens moet natuurlik ook rekening hou met die vraag of ek kan. Ek is van mening dat as jy ‘n gesonde en gebalanseerde persoon is met ‘n redelike mate van emosionele volwassenheid, dan kan jy verander. Dit is egter waar dat daar mense is wat emosioneel ongesond en onvolwasse is sodat persoonlike transformasie erg bemoeilik word. Persoonlikheidsongeskiktheid soos byvoorbeeld narsisisme, is ‘n ernstige blokkasie in die proses van persoonlike transformasie. (Ek verwys in dié verband na ‘n artikel deur Chris Jones in ‘n onlangse Kerkbode, getitel: Narsistiese leierskap).
Lees meer …
Terug

Appels – Videoclip

Nico Simpson

In die video word die metafoor van gravitasie gebruik om God se werking in ons lewens te verstaan. Ons beperk soms God se werking as slegs iets wat in ie verlede gebeur het en weer in die toekoms ‘n invloed gaan hê. Soos gravitasie egter deel van ons lewe is, is God ook en kan ons net daaraan oorgee. Klik hier om daarna te kyk en/of dit af te laai.
Appels
Terug

Johannes ePub

Chris van Wyk

Die evangelie van Johannes fokus op Jesus as die gestuurde Woord van God wat volledig mens geword het. In hoofstuk 1-12 vertel Johannes van Jesus se publieke Joodse bediening met ’n fokus op wondertekens wat sy ware identiteit as die Seun van God openbaar. In Jesus ervaar ons God se genade en waarheid.
In hoofstuk 13-20 fokus Johannes op die persoonlike bediening van Jesus aan sy dissipels wat uitmond in sy verheerliking deur sy lyding, kruisdood en opstanding as publieke getuienis aan die wêreld. In Jesus vind ons die model van dissipelskap waarin die liefde – soos God liefhet – die kern van alles is.
Die evangelie eindig in hoofstuk 21 met die roerende verhaal van Petrus wat by hernuwing geroep word. Daarmee word die dissipels deur God gestuur om op dieselfde wyse as Jesus sy genade en waarheid aan die wêreld te bring, sodat die wêreld kan glo.
Hierdie is die vierde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd. Klik hier om dit aan te skaf.
Kyk hier na ‘n uittreksel uit Johannes: die inleiding en eerste hoofstuk.
Die vorige uitgawes (Prediker, Spreuke, Hooglied) met soortgelyke uittreksels kan hier besigtig word.
Terug