{ARGIEF}

1. GOD KIES SY SPAN

Gerrie van Deventer

Ons gemeentes hier in Mosselbaai (NG Mosselbaai en VGK Mosselbaai) het voorheen al lekker as ‘n span saamgewerk, dienste saam aangepak, by basaars wedersyds stalletjies gehad en ondersteun. Maar ai, dan val mens gou weer uit die span uit en oefen afsonderlik op eie velde.
God as Afrigter en Keurder het egter ‘n ander plan. Want sien, daar is baie soorte nood in Mosselbaai, waaronder mense met MIV & Vigs, TB, kanker en allerlei siekes in die Provinsiale hospitaal. En die Here het uit albei kerke mense begin oproep om ‘n verskil te maak. Die Tabita-groep by die VGK het ‘n houer waarin allerlei benodigdhede vir pasiente in geplaas kan word en het ‘n span wat mense in die hospitaal besoek. Hulle het ook die Here se roepstem gehoor om mense aan huis te besoek en vat hande met Home Base Care. Die Omgee-bediening van NG Moedergemeente begin met besoeke by die hospitaal, veral die kindersaal, en kyk ook na praktiese ondersteuning, terwyl van ons lidmate as verpleegsters by Home Base Care ‘n pad met mense by hulle huise begin stap.
Lees meer …

2. Geloof gebeur… in die regte lewe

Stephan Joubert

Nou die dag vertel ‘n sakeman van Secunda hoedat 30 van sy werkers hulle lewens vir Christus gegee het. Dit was nadat ‘n eks-gevangene, wat na 25 jaar uit die tronk vrygelaat is, met hulle kom praat het. ‘n Dag voordat hy in die ou Suid-Afrika gehang moes word, het mnr Nelson Mandela die doodstraf opgehef. Toe word hierdie einste man ‘n kind van die Here. Met groot ywer werk hy nou vir Christus. Toe ek hoor hoe hierdie 30 mense deur sy bediening die Here gevind het, besef ek opnuut geestelike skattejagte gebeur nie net Sondae in die kerk nie.
Lees meer …

3. Revealing Vocational Truth

Een van Ekerk se navorsing inisiatiewe is saam met Call24 se Revealing Vocational Truth. Dit wys dat daar ‘n nuwe ontwaking is van gelowiges in die werksplek. Werksplek bediening neem nuwe gestaltes aan, en professionele gelowiges orals dink nuut oor hulle rol in die werksplek. Hierdie verslag is saamgestel en oorspronklik gepubliseer deur Call24.
Gebruik hierdie skakel na Ekerk, hierdie skakel om die pdf af te laai, of lees dit aanlyn by hierdie skakel.

4. Truspieeltjie

Gielie Loubser

Soms beleef ons God as vêr van ons af. Iemand wat kyk of ons op die regte pad bly en in ons spoor trap. Amper soos n pa wat agter jou aanry as jy jou eerste motor kry. Truspieëltjie wil gelowiges help om God te beleef as een wat langs jou sit en saam met jou op reis is om jou te begelei en by te staan.
Truspieeltjie van Communitas op Vimeo.

5. Gebruik die uitnodiging om in ePub te publiseer

Chris van Wyk

Ten spyte van die gewildheid van Kindle onder SA gebruikers, is ePub steeds die digitale formaat wat deur die wydste verskeidenheid van elesers gebruik word. Daar is reeds 241 eboek toestelle (ereaders) en toepassings (applications) wat die ePub formaat gebruik. Hier is ’n lys van die toepassings en elesers waarmee jy ePub kan lees.
Baie mense het reeds die Kindle applikasie of eboek leser, veral omdat die Kindle Fire HD en Kindle Paperwhite (om maar net twee te noem) tegnologies so gevorderd is en die Amazon Kindle winkel so ’n wye verskeidenheid van digitale inhoud beskikbaar stel. Die probleem is egter dat jy nie maklik ’n Afrikaanse boek daar kan publiseer nie.
Die goeie nuus is dat jy wel ’n ePub digitale boek kan lees met jou Kindle.
’n Mens kan wel nie ’n ePub eboek direk daarop laai nie, maar jy kan sonder veel moeite ’n ePub boek herformateer in die Amazon Kindle mobi formaat. Die voordeel van só ’n proses, is dat jy die ePub eboeke dan op min of meer alle beskikbare digitale kanale kan lees – jou rekenaar, jou selfoon, jou tablet en so meer.

6. Hooglied – Lees, luister, leef – in ePub formaat

Chris van Wyk

Hooglied cover 200pxHooglied se liefdesgedigte belig verskeie kante van die liefde, die passievolle plesier in mekaar se geselskap, die wedersydse geborgenheid by mekaar, en die genot van seksuele eenwording binne die veilige ruimte van die familie en die huwelik. Hooglied besing nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde nie, maar vertel ook van die teleurstellings en verwyderings, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan.
Dit is die essensie van die wysheid van Hooglied, dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike, wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou. So leer ‘n mens dat liefhê ‘n kuns is wat nie net op onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook ‘n emosionele volwasse wording van die verhouding moet insluit. Hierdie is die derde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.
Hierdie is die derde boek in die reeksLees, Luister, Leefgemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd. Die eerste twee was die boekPrediker enSpreuke. In die pyplyn vir verdere ePub publikasie is onder andere Johannes en Jesaja.
Vir reekse oor ander Bybelboeke (reeds 27 beskikbaar) kan jy Bybelskool.com besoek en daar inskryf. Dit is gratis.
Lees meer …
 
 

7. Robert Terry se wiel – Insig in die gebruik en misbruik van mag in konflik

Frederick Marais

Robert Terry se teorie, Authentic Leadership: Courage in Action (Jossey-Bass 1993), help ons om insig te bekom in die gebruik en misbruik van mag in die hantering van konflik.
Terry se teorie bestaan basies daaruit om die aksie of dinamika in ‘n sisteem te ontleed. Terry identifiseer 6 vorme van aksie in ‘n sisteem wat ter sprake kom wanneer die sisteem blootgestel word aan transformasie

  1. MAG – die energie van ‘n aksie
  2. MISSIE – die fokus of “waarheen” van ‘n aksie
  3. BESTAANSDOEL of BEDOELING – die “hoekom” wat ‘n aksie motiveer
  4. KONKRETE BESTAAN – die konkrete realiteit waaruit ‘n aksie voortspruit
  5. BRONNE – die konkrete bronne waarmee ‘n aksie realiseer
  6. STRUKTURE – die organisasie kanale, planne, en strukture waardeur ‘n aksie gekanaliseer word

Lees meer …