{ARGIEF}

1.  Gemeentepakket

Gielie Loubser

Nou die dag vra die Dominee in ons gemeente wat het ‘n grootste geestelike invloed in julle gesin gehad die afgelope jaar?  Groot was my verbasing toe my vrou (en die kinders het dit beaam) dadelik sê dat ons die Familie Tuisblad vanjaar begin doen het. Haar woorde was: “Dit het wonderlike momente geskep en het geloof laat grondvat in ons alledaagse gesinslewe.”

Ja, ons beleef regtig die seën van rituele en aktiwiteite in ons huis asook die integrasie met die eredienste van die gemeente.

Tans is daar so net meer as 40 gemeentes wat ingeskryf het vir die pakket en die Kategese materiaal van die eerste kwartaal is ook al gelaai.

Gaan gerus na www.kontak.org.za vir meer inligting.

Lees verder …

2.  Fresh Expressions of Church kursus kom na Suid Afrika in 2013.

Philip Botha

Ekklesia (Ekumeniese Sentrum vir leierskapontwikkeling en gemeentestudies verbonde aan die Teologiese Fakulteit US) in samewerking met Communitas,  gaan die hoofkursus Mission Shaped Ministry (MSM) van die Fresh Expressions beweging in Engeland gedurende 2013 in Kaapstad en George aanbied.

Hierdie 9 maande kursus stel kursusgangers instaat om leiding te neem in die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe en het daartoe gelei dat daar die afgelope 10 jaar meer as 2000 nuwe gemeentes in die Anglikaanse, Methodiste, Verenigde Gereformeerde en ander kerke in Engeland ontwikkel kon word.

Vir meer inligting oor die uitstekende kursus:

Lees verder …

3.  Tussen Swart Vrydag en Advent

Jannie Swart

Advent is ‘n seisoen van hoop en nuwe verwagting. Vir vier Sondae steek ons kerse aan in die verwagting van die koms van die Koning … en elke jaar is dit met ambivalensie, want ons verwagting weerspieël nie die werklikheid nie. Jannie Swart verwoord die ambivalensie van hierdie hoop in sy artikel: Tussen Swart Vrydag en Advent:

Meeste Suid-Afrikaners is waarskynlik bewus van die Amerikaners se Thanksgiving tradisie, maar ek is nie seker hoeveel mense weet dat Thanksgiving Donderdag gevolg word deur Black Friday nie.  Black Friday verteenwoordig die amptelike opening van die seisoen vir Kersfees inkopies en winkels bied spesiale winskopies aan vir die dag.  Gevolglik staan mense tou dwarsdeur die nag en vertrap hulle mekaar om betyds by die winskopies uit te kom wanneer die winkeldeure vroegoggend op Vrydag oopmaak.  Om dit sagkens te stel… dit is ‘n verbruikers kultuur in sy mees vulgêre vorm. Die naam, Black Friday, het eintlik in die jare 60’s in Philadelphia ontstaan om die ontwrigting van die besige verkeer op die dag na Thanksgiving te beskryf, maar later het dit die betekenis begin aanneem van besighede wat ‘n wins maak (om “in die swart te wees”).

Lees verder …

4.  Lepel – Videoclip

Gielie Loubser

“Lepel” kan ook as ‘n metafoor van hoop gebruik word. Vra maar vir enige mens wat ‘n lepel sien wat bo hulle bord sien lê. Dan raak daardie lepel die simbool van hoop op nagereg! Op ‘n manier is Kersfees ook so ‘n simbool van hoop vir die herstel van die aarde. Lepel help ons hoe om jaar na jaar Kersfees te vier.

Lees verder …