{ARGIEF}

Daar is basies drie maniere om ‘n Mobi dokument (die verstek formaat van dokumente bedoel vir die Kindle) vanaf die Internet op jou Kindle te kry, om dit te lees:
  1. Sinkroniseer jou Kindle met jou PC/Mac: Laai die Mobi dokument van die Internet af en plaas dit in die Kindle Docs vouer op jou rekenaar. Koppel jou Kindle aan jou PC/Mac via ‘n USB kabel of WiFi.  Gaan na Docs op jou Kindle en laai die dokument vanaf jou rekenaar op jou Kindle.
  2. Sinkroniseer jou Kindle met jou Cloud: Laai die Mobi dokument op jou Cloud spasie op die Internet. Laai die dokument van daar af op jou Kindle deur via jou Docs na die Cloud te gaan en dit te sinkroniseer.
  3. Stuur die Mobi dokument na jou Kindle e-pos adres: By jou Cloud spasie sal jy jou Send-to-Kindle E-mail address kry wat jy kan gebruik om ‘n mobi dokument op te laai op jou Kindle via ‘n e-pos aan daardie adres. Jy kan die adres ook kry op die Internet deur te gaan na Manage your Kindle by Amazon.com. Klik dan op Manage your Devices. Dit geld ook vir Kindle toeps op iOS en Android selfone en tablette.