{ARGIEF}

 

Die volgende kommissies van die betrokke Sinodes het die inisiatief geneem om Communitas te stig en vorm deel van die Communitas-netwerk:

  1. SKG (Verenigde Kommissie van die NG en VGK)
  2. GKS Kommissie vir Gemeenteontwikkeling
  3. Kommissie vir Vrouelidmate
  4. SKP (NG Kerk Wes- en Suid-Kaap)
  5. VBO (NG Kerk Wes- en Suid-Kaap)
  6. SJK en SCO
  7. Kuratoria (NG Kerk Wes- en Suid-Kaap)
  8. Sinodale kommissie Oos-Kaap


Hierdie lys kan uitbrei soos wat ander kommissies en rolspelers deel wil word van die netwerk.

Vertrekpunte in ons dienslewering:
Bogenoemde missiestelling impliseer oa die volgende vertrekpunte:
  1. Gemeentes is nie die objek van ons dienslewering is nie, maar aktiewe medewerkings in die ontdekking van hulle roeping en die ontsluiting van hulle Godgegewe gawes.
  2. Communitas werk dus nie met ’n probleemoplossende benadering tov ons diens aan gemeentes en leraars nie, maar ’n waarderende of volwasse leer-benadering. Konkreet beteken dit dat die gemeentes, leraars en gemeenteleiers self oor die oplossings beskik en dat Communitas hulle help om dit te ontdek en te deel met ander gemeentes.
  3. Teologies beteken dit dat ons gemeentes sien as bewegings binne die kragveld van die Gees. Gemeentes is geskenke van God aan die wêreld wat as teken en voorsmaak van die Koninkryk instrumenteel kan wees in die realisering van God se sending in Sy wêreld.
  4. Ons glo dat die Gees aan gemeentes al die gawes en bronne gee om hulle missionêre roeping te realiseer. Communitas wil daarom met gemeentes netwerk om hulle by te staan in die proses van roepingsontdekking en -verheldering en die ontsluiting van hulle gawes.
Waardes

In die uitleef van ons missie sien ons die volgende waardes as rigtinggewend:

  • Waarderende en leerbare ingesteldheid teenoor die gemeente
  • Deernis & egtheid in ons begeleiding en ondersteuning van predikante en gemeenteleiers
  • Uitnemendheid tov die kwaliteit van ons dienslewering
  • Geloofsverwagting en –afwagting tov wat die Drie-enige God in en deur gemeentes kan doen
  • Die stel van voortdurende uitdaging
  • Onderlinge goeie verhoudinge