{ARGIEF}

Hoe het dit gebeur dat ons vandag ’n Communitas-netwerk van dienste aan gemeentes kan stig waaraan drie sinodes van die VG en NG Kerke met hulle verskillende kommissies deel het:

  • Ek het reeds verwys na ’n lang tradisie by die fakulteite en in die sinodes om op gemeentes te fokus.
  • Die her-enigingsproses tussen die twee kerke wat ten spyte van die gebreke aan ons die ruimte verskaf het om ’n gesamentlike netwerk te stig. Ons gebed en missie is om hierdie geleentheid te gebruik om medeskeppers te wees aan die proses van eenwording tussen ons kerke.
  • Leierskap wat verstaan dat daar ’n tyd kom om deur te breek na mekaar en bereid is om die weerstand teen te staan.
  • ’n Span van uiteenlopende maar wonderlike talentvolle individue wat soos dit in die Liggaam van Christus betaam, verstaan dat ons mekaar nodig het.
  • ’n Span wat dit waag om oor kerk-, taal- en kultuurgrense by mekaar te kom in die Communitas-netwerk en saam ’n span te vorm.
  • ’n Gedeelde visie by Communitas dat nadenke oor gemeentes altyd begin by God drie-enig wat die inisiatief neem deur missionêr uit te reik na die wêreld en gemeentes as geskenk gee om so Sy Koninkryk te vestig.