{ARGIEF}

logo-cmykOns is dankbaar vir die mylpaal en vir almal wat gehelp het om ons dienste aan gemeentes en predikante uit te bou.
Baie dankie aan elke gemeente wat ons vertrou het om saam met hulle die reis te onderneem.
Ons het die voorreg om hierdie werk (vir ons is dit ‘n roeping)  te mag doen in ‘n tyd wat die kerk baie groot uitdagings het.
Ons kyk hierdie uitdagings saam met die gemeentes, predikante en gemeenteleiers saam met wie ons werk, vierkantig in die oe met hoop
en verwagting dat die Gees wat ons as gemeentes vergader,  aan ons al die gawes en bronne sal gee wat ons nodig het om in hierdie tyd getrou te
wees aan ons roeping. Ons glo dit is ‘n onvoorwaarderlike belofte van God self.
Ons mag dalk saam foute maak, maar ons gaan nie hoop verloor nie, want dit is ‘n gawe wat ons ontvang en nie besit en daarom nie kan verloor nie.
Mag ons almal in die jaar wat voorle ons vrese oorkom en waag om deel te neem aan die deurbraak van die Koninkryk,
nie met mag nie maar in klein en groot dade van selfofferende diens.
Communitas is veel groter as die paar lede van die personeel- daar is talle kursusaanbieders, begeleiers, mentors skrywers en vriende wat saam
met ons die Communitas-familie vorm.  Aan julle almal baie dankie vir die heerlike saamwerk.