{ARGIEF}

Woensdag 4 September was weer sekretaressedag, en die dames van Communitas is getrakteer op ‘n ontbyt by Jan Cats restaurant by die Stellenbosch Hotel. Is ons nie bevoorreg om vir sulke wonderlike base te werk nie?! Hulle is mense wat raaksien wat ons doen en het o.a.gesê:

“Aitsa, maar ons het darem ‘n paar pragtige en deftige sekretaresse. Julle lyk tog te fraai so op die trappies.”
“Hoekom dink ek dan nou aan Jabob se droom!  Aan die leer en die engele en al die klippe wat julle uit ons pad rol!  Dankie vir julle onvermoeide diensbaarheid.”
“Dankie vir julle gesindheid waarmee julle werk. Ons kan ver kom daarmee!”
“Baie dankie ook vir wie julle is en vir wat julle doen!  Ons voel geseënd om saam met julle te kan werk!”

Ons ís bevoorreg …
 

 P1070934  P1070935  Terugstap
 Om die tafel in Jan Cats  Die dames – stairway to Heaven!  Die terugstap in ons prentjiemooi omgewing was sommer deel van die bederf