{ARGIEF}

Goeie Vrydag?

death_of_christ_by_jak26d48jybv

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”

Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

Johannes 19:30

Hierdie jaar het Communitas nie hul gebruiklike paasontbyt gehou nie. Mathilda, wat vanjaar vir die reëlings verantwoordelik was, en Gielie het gevoel dat ons ‘n slag iets anders moet doen. Op Donderdag 24 Maart om 11:00 het almal dus in die Kapel bymekaargekom om saam nagmaal te hou.
Ankia du Plooy het die Woord gebring en sy het versoek dat almal in stilte die Kapel sal binnegaan sodat ʼn gewyde atmosfeer geskep kan word. En so het dit werklik gevoel ons toe ons een na die ander in stilte na binne stap en ons plekke inneem. Dit was nie ‘n ongemaklike stilte nie; eerder ‘n gewyde, ‘n afwagtende stilte. Ankia se boodskap het ons diep geraak, en die kruiswoorde en doodblaas van die kerse het ons gehelp om Jesus se lyding en dood op ‘n tasbare manier te beleef en te herdenk.
[widgetkit id=190061]