{ARGIEF}

Frederick MaraisFrederick Marais

Communitas: Netwerk Koordineerder & SKG Gemeentebegeleiding

Gemeentes
en veral die prosesse van verandering in Gemeentes het my nog altyd
gefassineer. My pa vertel dat ek op 8 jarige ouderdom al probeer het om
in sy gemeente te fasiliteer met die sinnetjie: Pa weet mos ons kan nie
meer langer so aangaan nie.

Ek is ‘n predikant van die NG Kerk
wat my bediening begin het in Somerset-Oos vir vier jaar en later was
ek vir 10 studenteleraar Studenteleraar by Studentekerk op
Stellenbosch. 

Vir die afgelope 8 jaar is ek verantwoordelik
vir die begeleiding van gemeenteprosesse eers by Buvton en nou binne
die Communitas Netwerk.  Ek  geniet dit om saam met ‘n wonderlike span
te kan saamwerk binne die Communitas Netwerk en vir die koördinering
van die Netwerk verantwoordelikheid te neem. Ek is na byna ‘n dekade se
fasilitering in gemeentes  steeds mateloos gefassineer oor hoe die Here
deur sy Woord en Gees  deur gemeentes wonderlik werk.  Op die blog
waarvoor ek verantwoordelik is, Padlangs met gemeentes,  skryf ek
weekliks van my ervarings met gemeentes en verwelkom kommmentaar baie.
Ek is baie dankbaar dat ons nou dienste kan lewer aan beide die VG en
NG gemeentes van ons streek, want die eenheid van die kerk is vir my ‘n
passie.

Die afgelope 5 jaar is ek betrokke by die Vennootskap
vir Gestuurde Gemeentes en die Seisoen van Luister. Blootstelling
hieraan het my verstaan van my roeping en uitlewing van my werk
dramaties beïnvloed.

Ek is getroud met Anita. Ons kom ‘n leeftyd
saam, want ons het mekaar in graad 2 ontmoet. Ons het twee wonderlike
tienerdogters, Anika en Janneke.  Ek is baie lief vir reis, jag en die
buitelewe en doen baie amateuragtige houtwerk wat my familie tot
vervelens toe moet bewonder.  As ek gedwing word, skryf ek oor
gemeentes en die familielewe.

Frederick Marais

Communitas: SKG
Gemeentebegeleiding
jfm@sun.ac.za
021-8083265
0833801657
www.communitas.co.za
Blog: www.communitas.co.za/Padlangs