{ARGIEF}

Madelein GerberMadelein Gerber

Koördineerder:  Vrouelidmate

Vir ongeveer die helfte van my leeftyd is ek predikantsvrou wat my gewig saam met die van my man in die gemeente ingooi. Aanvanklik was dit omdat dit van my verwag is.  Mettertyd het dit ‘n passie en roeping geword.

Die
manier waarop vroue dink, doen en diensbaar is,  fassineer my. Die
afgelope ses jaar is ek in die Wes-en Suid-Kaap as koördineerder van
vrouebedieninge werksaam.  Ek meen dat vroue een van die kosbaarste
geskenke aan gemeentes is – passievol, kreatief, met baie potensiaal,
deernis en liefde.  Die Here werk deur Sy Gees en Woord op ‘n unieke
wyse deur vroue in gemeentes. Dit is daagliks vir my ‘n voorreg om
betrokke te wees by die ontsluiting van vroue se potensiaal sodat hulle
met oorgawe die Here kan dien.

Ek is getroud met Frankie.  Ons
het drie kinders (Celiaan, Derek en Lizelle) waarvan die een getroud is
en die jongste twee nog studeer. Ek is baie lief vir die buitelewe – om
te stap, die natuur te geniet en droom steeds oor die mooi tuin wat ek
nog gaan maak.

Kontak Madelein by

021-9577191 (k)
082 558 3871 (Sel)
mgerber@kaapkerk.co.za