{ARGIEF}

Pierre GoosenPierre Goosen

Sinodale Kommissie vir Predikante-Begeleiding

Daar is seker min dinge wat vir predikante so bevredigend en energie-gewend is, soos om te weet wat hulle roepingsfokus is en om dit te kan uitleef.  Om te weet dat hulle betrokkenheid in die gemeente nie maar net ‘n werk is nie, maar dat dit ‘n geleentheid is om saam met ander medegelowiges Jesus Christus raak te sien en saam met Hom te leef.  Gelukkig is die predikante, en geseënd is hulle bediening, wat in gemeentes betrokke is waar hulle die ruimte kry om hulle roeping uit te leef.
As die predikant vir predikante-begeleiding in diens van die sinode (PSD vir SKP) het ek die voorreg om saam met hierdie predikante hul bediening te vier.
Daar is egter ook predikante wat om verskeie redes nie die geleentheid van ‘n betekenisvolle bediening het nie.  Ek is bevoorreg om by hierdie predikante en hul gemeentes betrokke te raak om saam met hulle weer hul bedieningsvreugde te ontdek.
As PSD vir SKP word ek bygestaan deur ‘n dagbestuur, ‘n verteenwoordiger uit elke ring en ‘n sekretaresse.
Die SKP vorm deel van Communitas wat ‘n netwerk van dienste aan gemeentes en predikante is. ‘n Verskeidenheid van dienste is beskikbaar, wat op die webwerf te sien is.  Wat ek wil onderstreep is dat ek in persoon beskikbaar is en wil wees vir die predikante  in ons sinodale gebied.

Kontakbesonderhede:
pmgoosen@sun.ac.za
021-808 2914 (k)
0836305676