{ARGIEF}

Frederick Marais

Hallo {username}
Meer as 10 redes waarom gemeenteleiers en predikante hierdie webblad gerus weekliks kan dophou en gebruik:

  • Die Communitas netwerk is een van die mees omvattende diensnetwerke aan gemeentes en die soekfunksie 

{loadposition user4}

 alleen is al genoeg rede om hier ‘n draai te maak. Tik jou trefwoord in op die soekfunksie en jy kry dadelik inligting en kontakdetail oor die saak. As jy bv. “predikant” intik maak daar reeds 104 opsies oop! Probeer self: vernuwing, kerkraad of toerusting en kyk wat gebeur!

  • Die Communitas dagboek hou jou op hoogte van VBO kursusse en konferensies vir predikante en gemeenteleiers wat deur die Communitas netwerklede in die toekoms aangebied word.
  • As jy ‘n kursus of konferensie nie kon bywoon nie en wonder wat daar gebeur het kan jy gerus gaan kyk na die dokumente wat ons na elk van die geleenthede op die web plaas. Kyk gerus na wat daar by die pas afgelope Cedarberg konferensie gebeur het.
  • Die Leesrooster-argief gee jou toegang tot 8 jaar se preke! Chris Jones het ‘n gesprek in sy Blog – Preekstudies – oor die leesrooster tekse begin om ‘n weeklikse gesprek tussen leraars te stimuleer – www.communitas.co.za/preke.
  • Op die Blog- Padlangs met gemeentes – bespreek Frederick Marais gedagtes oor die dinamika van gemeentes. Daar is reeds ‘n lewendige gesprek aan die gang – vrae word gevra, menings word gelug, stories word vertel, foto’s word geruil en daar word raad gegee. Gaan kyk gerus www.communitas.co.za/padlangs.
  • Pierre Goosen maak op sy Blog – Begelei mekaar – nuwe wêrelde oop vir die persoons- en roepingsontwikkeling van predikante – www.communitas.co.za/begelei.
  • Coenie Burger het ‘n unieke blog begin, Na-gedagtes, waarop baie van ons al lank wag. In kort “thinksheets” dink hy hardop en maak aantekeninge oor die bediening en die kerk, oor God en ons roeping, na aanleiding van leeswerk wat hy doen.
  • Daar word weekliks nuusflitse opgesit oor nuwe boeke en toerustings geleenthede vir predikante en gemeenteleiers.
  • By ons Communitas boekwinkel het ons ‘n baie interessante nuwe voorraad van nuwe teologiese boeke en gemeentehulpmiddels beskikbaar- gaan kyk gerus na die resensies daaroor.
  • By die foto gallery afdeling plaas fotograwe foto’s wat oor die misterie van God en ons geloof gaan en ons verbeelding prikkel. Gaan kyk gerus, laai af en gebruik dit vryelik in jou bediening.
  • Ons navorsings resultate oor gemeentes kan jy vind in ‘n reeks artikels wat in die argief vir jou gerief gestoor word.
  • As jy na alles nog met ‘n vraag oor die gemeentelewe sit wat nie aangespreek is nie, nooi ons jou uit om dit te vra.  Ons gaan probeer om in die Communitas netwerk uit ons ervaring van dienslewering saam met jou te dink oor hieroor – en wie weet, dalk begin ons saam met jou ‘n nuwe blog of ‘n diens of ‘n navorsingsgroep om verder hieroor te dink!

Boekmerk vandag nog dié webtuiste as jou voorkeur webtuiste!


NB – as jy outomaties in kennis gestel wil word van nuwe artikels op die webtuiste, laai ‘n RSS leser af (Sharpreader werk baie goed – 800KB), installeer dit en tik die volgende skakel in die adresbalk van Sharpreader in: http://www.communitas.co.za/index.php?format=feed&type=rss  en subscribe!  Jy sal nooit weer iets mis nie!  Of klik op die RSS skakel hieronder.