{ARGIEF}

dont waste your lifeBy John Piper
Crossway Books 2007
$13.99
ISBN: 1581344988

Kort resensie deur Coenie Burger

John Piper is iets van ‘n fenomeen in die VSA. Hy is ‘n predikant van Bethlehem Baptist Church in Minneapolis. Wat hom interessant maak is at hy ‘n groot aanhang in die VSA gekry het met ‘n redelik konvensionele evangelies-gereformeerde boodskap. Hy het ‘n baie sterk rol gespeel in die resente herlewing van calvinistiese teologie (tot by TULIP) in die VSA onder evangeliese Baptiste.
Piper het ‘n klompie jare terug bekendheid verwerf met die boek Desiring God.
Sy nuutste boek gaan oor roeping en verantwoordelikheid. Hy skryf die boek vir baie Amerikaners – waaronder baie Christene – wat hulle lewens vul met die goeie en lekker dinge van die lewe. Terwyl baie sal dink dat die mense nie juis verkeerd doen nie, meen Piper dat hulle besig is om hulle lewens te mors op hulle eie gemak en gerief.
Piper is ‘n baie goeie skrywer en kommunikeerder. Hy het ‘n sin vir die dramatiese en gebruik sy voorbeelde baie goed. Hy kry dit reg om groot waarhede op ‘n baie helder en verstaanbare manier te verduidelik. Daar is baie te leer ( en te leen!) ui die boek – veral vir predikers.
Hoewel iets my soms ‘n bietjie ongemaklik laat voel….


This book is a passionate call for this generation to make their lives count for eternity. John Piper acknowledges that the risks for those who seek to accomplish something in life–risks in relationships for the sake of righteousness and authenticity, risks with money for the cause of the Gospel, and risks in witnessing to the truth and beauty of Christ. Readers will find their passion for the cross of Christ enlarged as a result of reading this book. (Crossway Books website)