{ARGIEF}

providence and prayerProvidence and Prayer: How does God work in the world?
Tiessen, Terrance
IVP. 2000. April 2000
432 pages (sagteband)
ISBN: 978-0-8308-1578-4
$29.00

 

Kort resensie deur Coenie Burger
Ek merk in die laaste tyd dat lidmate en predikante meer oor gebed praat en uitvra as wat `n mens vir `n tyd lank gewoond was om te hoor. In ons eie streek het ons verlede jaar `n baie geseënde konferensie oor die onderwerp gehad.  Ek weet van min resente boeke wat met meer teologiese diepte oor die onderwerp handel as Tiessen se Providence and Prayer.
Die boek handel baie spesifiek oor voorbidding en die vraag hoe (en “of”) ons gebede God se handelinge in die wêreld beïnvloed – dit is seker die heel moeilikste vraag oor gebed.
Tiessen het `n uitvoerige en uitgebreide studie oor die saak gedoen en bespreek in die boek elf verskillende maniere waarop mense die vraag beantwoord.  Hy begin by wat hy noem `n semi-deïstiese model en eindig by fatalisme.  In die proses gee hy aandag aan heelwat van die belangrike teoloë se standpunte oor die saak.  Hy kyk na bekendes soos Barth, Aquinas en Calvyn, maar ook na ander soos Brummer, Whitehead, Polkinghorn, Kaufmann, en vele ander.
Die meer interessante en aktuele modelle is nie die ekstreme op die kant nie, maar diè in die middel.  Tiessen uiteindelik self kies vir `n variasie van Calvyn se verstaan van die voorsieningheid en voorbidding.
Die groot waarde van boek lê waarskynlik daarin dat dit juis die temas van gebed en voorsieningheid in verband bring met mekaar. Ons gedagte kan baie skeefloop as ons net wil dink oor hoe ons God se planne kan beïnvloed. Die ander vraag in die boek – wat eintlik die belangrike een is – is die vraag hoe God vandag nog in ons wêreld besig is om te werk.  Die groot wins van die boek is dat dit ons wil help om oor die vraag na te dink – sodat ons met meer verantwoordelikheid daaroor kan praat.
Ek kan die boek baie sterk aanbeveel.  Dit verduidelik en sistematiseer `n groot klomp informasie en doen dit op `n helder en verantwoordelike manier. 


About this book (IVP)
“Lord, please give me a parking space!”
That prayer sounds right on your third time around the block, frustrated and late for an appointment. But is it consistent with how God works in the world?
Does prayer change God’s mind or only our feelings? Does God do things because we ask him to? Or do we ask him because he prompts us to do so? How much control does God really have in the world, anyway? If he has given us free will, can he always guarantee that things will happen as he intends or wishes? Is our need for parking spaces important enough to bother God, or is he only concerned about things that advance his program of salvation?
If God has already decided how things will turn out, what use is it to pray? On the other hand, if our freedom limits God’s ability to achieve his wishes all the time, how much could he do even if we asked for help? How much does God know about the future, and how does this factor into the way our prayers affect the outcome? And how does God’s relationship to time enter into the whole equation?
With such questions in mind, Terrance Tiessen presents ten views of providence and prayer–and then adds an eleventh, his own. He describes each view objectively and then tackles the question, If this is the way God works in the world, how then should we pray? The result of his investigation is a book that puts us at the intersection between theological reflection and our life and conversation with God. It prods and sharpens our understanding, making us better theologians and better prayers.