{ARGIEF}

Skillful Shepherds – Explorations in Pastoral Theology

Derek Tidball
Apollos. 2003

Hierdie is die derde uitgawe oor predikantswerk wat in evangeliese kringe baie wyd gebruik word. Dit is geskryf deur ‘n baie gerespekteerde Britse evangelikaal, Derek Tidball, wat vir lank prinsipaal van London Bible College was.

Die boek is ‘n pleidooi dat teruggekeer sal word na ‘n meer klassiek verstaan van predikantswerk waarin teologiese oordeel ‘n deurslaggewende rol speel. Soos wat verwag kan word van ‘n evangelikaal, gee Tidball baie aandag aan die Bybelse begronding van pastorale werk. Meer as ‘n derde van die boek word gewy aan ‘n Bybelse oorsig. Hoewel die insigte hier nie alles kraakvars is nie, is dit deeglik en bied dit goeie stof tot nadenke. In die tweede deel van die boek – ‘n verdere100 bladsye – gaan Tidball die historiese ontwikkelings va die predikantsamp na. Hy kyk na die vroeë tyd, middeleeue, die reformasie, die evangeliese herlewingstyd en dan die 20ste eeu. Interessante leesstof!

Coenie Burger