{ARGIEF}

Dit is die derde volume wat ek onder oë kry en nes met die ander twee (en dalk meer so!), is ek positief verras oor wat te leer is uit die reeks. Old begin die verhaal van die Moderne Era in die 1800’s in Europa met ‘n oorsig van die prediking van Alexander Vinet. Hy werk deur die era in twaalf hoofstukke waarin hy telkens die fokus heen en weer tussen Europa, Engeland en die VSA verskuif. Hy gee aandag aan herlewingsprediking in ‘n sekulariserende Europa (naas Vinet kyk hy hier ook na Kuyper), Duitse prediking in die vroeë fase van die Verligting (oa Schleiermacher, Krummacheren Harms), die Calviniste in New England (Timothy Dwight, Lyman Beecher), die sg Old School in die VSA (oa die Alexanders en John Nevius), die Victoriaanse predikers in Engeland (oa John Newman, McLaren en die groot Spurgeon), die Amerikaanse skool van Finney, Moody, Torrey en Billy Sunday aan die eenkant en Bushnell, Sloane Coffin, Fosdick, Buttrick en Norman Vincent Peale aan die ander kant. Hy kom ook uit by die begin van swart prediking in die VSA, die Duitse Evangeliese prediking in die Mississipi Valley (oa Carl Walther), Skotse prediking in die negetiende eeu (oa Duff), Southern Baptist prediking, Europese prediking in die bewoë twintigste eeu (Bultmann, Barth, Niemoller, Bonhoeffer, Luthi, Thielicke en selfs Klaas Schilder) asook bekende Britse predikersvan die twintigste eeu (oa Campbell Morgan, William Temple, James Steward, William Sangsteren Martin Lloyd Jones). Ek dink nog steeds dit is ‘n onmoontliketaak wat Old op horn geneem het. Anders as teologiese refleksie en selfs kerkgeskiedenis wat in boeke en dokumente gereflekteer word, is die werklike gebeure in die prediking meer ontwykend en kan dit nie so maklik volledig gerapporteer word aan die hand van geskrewe preke nie. Op sy allerbeste sal ‘n preekgeskiedenis altyd onvolledig en op sekere punte skeef en selfs misleidend wees.

Tog is ek baie dankbaar vir Old se reeks. Hy is ‘n groot geleerde en doen dit so goed as wat dit moontlik is om te doen. En soos ek gesê het, ek is verbaas oor wat ‘n mens wel leer en agterkom uit die reeks.


This sixth volume of Hughes Oliphant Old’s monumental, acclaimed study of preaching throughout history, The Modern Age, tells the story of preaching and worship from the French Revolution to the fall of the Berlin Wall (1789–1989). During this period preaching continued to support the historic Christian faith while the church undertook to resist secularization, come to grips with biblical criticism, and initiate bold overseas missions.
Opening with the revived Catholic Order of Preachers, continental Protestants such as Abraham Kuyper, and the self-consciously modern preaching of Friedrich Schleiermacher, Old moves on to consider Victorian figures such as John Henry Newman and Charles Haddon Spurgeon. He carefully lays out the tensions between Old and New School Calvinism as well as the beginnings of black preaching and the great American tradition of Charles Finney, Dwight L. Moody, Harry Emerson Fosdick, and many more. In the twentieth century Old’s focus falls on the crises of the two world wars, especially the courageous ministries of German, Dutch, and Hungarian preachers during the Third Reich. (Eerdmans Website)