{ARGIEF}

Cover Page

 

Ten Commandments for Pastors New to a Congregation
Lawrence W Farris
Eerdmans. 2003
$13.00 Paperback, 106 pages

ISBN: 978-0-8028-2128-7

 

Kort resensie deur Coenie Burger
Hierdie is regtig nie die diepsinnigste teologiese boek wat ek al gelees het nie, en tog weet ek dat ‘n paar jong predikante (en dalk selfs ‘n paar oueres ook!) baie pyn en verdriet gespaar sou wees as hulle die boekie kon lees voor hulle in ‘n nuwe gemeente begin werk het.

Die skrywer Lawrence Ferris het baie ondervind van die soort van ding.  Hy is al jare lank besig om aan jong predikante wat in nuwe gemeentes gaan werk, advies te gee oor hulle ingesteldheid en verwagtings tydens die eerste paar maande.

Benewens verwagte advies soos dat ‘n mens van meet af baie erns met jou prediking moet maak en nie te hoë verwagtings moet skep nie, is daar ook verrassende punte.  Sy eerste opdrag is dat die nuwe predikant “a cultural historian” sal wees en baie moeite sal doen om die geskiedenis en kultuur van die gemeente en sy mense te verstaan.  Hy maak die waarneming dat elke nuwe predikant as’t ware ‘n sekere hoeveelheid “kapitaal” (hy praat van “blue chips for change”) kry om veranderings in die gemeente te maak. Hy waarsku dan dat jy die kapitaal wyslik moet bestee en nie oorhaastig opgebruik deur ondeurdagte en onsinnige vernuwings in te voer nie.  Hoe vas die kapitaal ‘n bietjie en gebruik vir sake wat regtig saak maak. 

Hy beklemtoon ook die belangrikheid van goeie selfbestuur en versorging, van goeie finansiële en administratiewe bestuur en dat ‘n mens ‘n duidelike bybelse prentjie van predikantswerk sal hê.

Soos ek sê: nie ‘n plaasvervanger vir Barth of Calvyn nie. Maar twee of drie ure met die boekie kan ‘n nuwe dominee baie pyn en verleentheid en teleurstelling spaar.


The opening months of a new pastorate are decisive for how that ministry will unfold, so great care should be taken to begin wisely and well. Simply transplanting programs and habits that worked elsewhere, ignoring the specific dynamics of the new congregation and its people, making too few significant changes, or making too many insignificant changes will create problems for the new pastor that may never be overcome. Ten Commandments for Pastors New to a Congregation offers specific, down-to-earth principles and guidance on how to make a good beginning, one that will lay the foundation for years of fruitful ministry.

Drawing on twenty-five years of parish ministry, during which he has mentored many new and transitioning pastors, Lawrence Farris here provides ten guidelines, illustrated with relevant examples, that identify potential pitfalls and show how to avoid them. Such areas as preaching, pastoral care, self-care, community and denominational commitments, and role clarity are addressed with an emphasis on practical approaches to ministry in a new setting. Farris also gives clear advice on how to learn the new congregation and its setting, how to set appropriate personal and professional boundaries, and how to stay focused on what matters most in a new ministry.

Lively, practical, and brief enough for the new pastor to have time to actually read it, Ten Commandments for Pastors New to a Congregation is a must-read both for pastors on the move and for individuals preparing for first-time ministry.

(Eerdmans Website)