{ARGIEF}

‘n Kerk in Vanderbijlpark (wat deel is van TUG) het ‘n 2 weke “Kidsgames” program wat wyd geadverteer is in die omgewing. Ongeveer 80 kinders woon hierdie program by.

Talle kinders het al hulle harte vir Jesus gegee en wonderlike verhoudings is met die vrywilligers gebou. Van die vrywilligers kom so ver as Texas en Brasilië. Hulle geesdrif en liefde vir kinders en God, is aansteeklik vir ons Suid-Afrikaners.

So werk ons saam met gelowiges uit ander lande om EEN boodskap te verkondig.

En dit het alles by ‘n bal begin!