{ARGIEF}

‘n Mens is dikwels so vasgevang in jou eie klein wêreld dat jy dink dit is hoe dit oral gaan. Totdat jy met die res van die wêreld begin kontak maak.

Ons was hierdie naweek in die Vrystaatse platteland op ‘n dorpie waar daar geestelike hopeloosheid in van die kerke is. Omdat ons die voorreg het om deel te wees van TUG (The Ultimate Goal) en weet hoe die momentum van die wêreldbeker kerke en gemeenskappe laat saamwerk, kon ons baie stories van hoop aan hulle oordra.

Een so ‘n storie, is in Bothaville waar al drie NG gemeentes, skole, 10 ander kerke, ‘n voedingskema en die polisie  o.a. saamwerk om uit te reik in die gemeenskap. Hulle het ‘n 2 weke program waar 1200 kinders elke dag geleer word van Jesus deur o.a. “Kidsgames” aan te bied. Hierdie kinders kry ook kos en Bybels word uitgedeel. Waar kerke so saamwerk, het hulle landswyd een doel voor oë: om die evangelieboodskap by stukkende, gebroke mense uit te bring.

Hierdie is die boodskap van hoop. Watter voorreg om te sien as daardie lig van hoop in ‘n mens se oë aangaan!