{ARGIEF}

Die leraar en jeugspanne het ook met die Ubabalo-projek uitgereik na die swart en bruin woonbuurte en anderskleurige lidmate van veral die NGKA is hierby betrek. Ubabalo is ‘n projek waar sokker vaardighede gebruik word om lewens- en geestelik waardes oor te dra. Vaardighede wat die meeste byval gevind het was “HEADING” ( om die bal met die kop in die doelhok in te stamp ) en “PASSING” ( om mekaar te gebruik en saam te werk om doelwitte te behaal ). Geestelike waardes is dan daaraan gekoppel:

  • “HEADING” = bal dophou + doelwitstelling = Oog op Jesus + Weet waarheen jy oppad is.
  • “PASSING” = mekaar help en gebruik = ons het mekaar ook Geestelik nodig = Naaste LIEFHê !!