{ARGIEF}

Nadat Ben Marais TUG se visie by ‘n kerk in die noordelike provinsie gedeel het, het ‘n paar vd mense wat dit gehoor het, besluit om na plekke uit te reik waar daar soms nie eers elektrisiteit is nie.

Hulle eerste uitreik was Saterdag, 12 Junie 2010 na ‘n klein nedersetting daar naby. Daar is  eers sokker en netbal met die kinders gespeel, vir hulle kos gegee en ‘n geestelike DVD is gewys. Daarna is ‘n sokkerwedstryd (TUG viewing) gewys. Hierdie gemeenskap leef regtig in swak omstandighede.

Wat hierdie geleentheid so besonders maak, is dat Youth Against Crime en die Youth League saam met hierdie groepie christene werk met elke uitreik. Dit was die eerste keer dat hierdie twee instansies die gemeenskap besoek het en hulle het besluit om weer terug te gaan soontoe. Nie net om dienslewering aan te spreek nie, maar ook die Goeie Nuus uit te dra. Hierdie mense is besig om Christus se hande en voete te wees en Jesus se liefde te demonstreer aan die armstes.