{ARGIEF}

Ek het die afgelope 3 weke al die NG gemeentes in die land gebel om uit te vind waar hulle betrokke is in die TUG proses.

Wat my opgeval het, is dat baie kleiner dorpe  as gemeenskappe (en kerke) saamwerk. Die organiseerders getuig dat dit nie vir hulle belangrik is aan watter kerk jy behoort nie. Almal werk met een gemeenskaplike doel: om te beïnvloed, lief te hê en die evangelie uit te dra. Daar is hoop en ‘n opgewondenheid in gemeenskappe waar daar al jare lank gesukkel word om al die kerke om een tafel te kry.

Wat my opgewonde maak, is dat baie van die gemeentes wat betrokke is, wil aangaan om te werk na buite toe. Hulle het ervaar wat dit is as die liggaam van Christus saamwerk. Hulle besef dat hierdie net die begin is en vra dat dit nie sal ophou nie. Hulle sal graag in die toekoms saam verder wil kerk wees daar buite.

Geskryf deur Marlene Marais (vrou van Ben Marais wat die kerk aangestel het as die sport bedienings koördineerder).  Marlene is aangestel om al die NG en VG gemeentes in die land te bel om te hoor wat hulle betrokkenheid is by die Wêreldbeker uitreike.