{ARGIEF}

Ek moet se ek het nog nie eintlik taal om hieroor te praat nie, maar ek dink ons moet probeer. Ek is deel van ‘n blanke gemeenskap, om presies te wees, ‘n afstammeling van die Hugenote, en (ons Marais)is al meer as 300 jaar in Afrika, maar tog is ons skugter om onsself te defenieer as van Afrika. En tog ons taal is Afrikaans en ons is Afrikaners. Noudat ons ons mag verloor het, moet ons weer besin oor wie ons is. Ons moet begin om onsself te defenieer vanuit ons diepste oortuigings en nie net as reaksie op ons vrese- Apartheid, of ons skuld oor Apartheid waar ons wegpraat van ‘n sosiale identiteit nie. Ook dit sal nie deug nie, want daar is eenvoudig so iets soos ‘n groep blanke mense in Afrika, wat daar hulle historiese wortels geskiet het. Op ‘n manier is ons skielik vry om te kies, nie omdat ons moet nie maar omdat ons wil- om van Afrika te wees.

So dalk het ek gisteraand so spontaan sonder dat ek bedoel het begin om myself te defenieer in my spontane ondersteuning van Cameroen as iemand van Afrika. Antjie se boek word beskryf as “a book of journeys- moral, historical, philosofical and geographical“. Ek kan daarmee identifiseer, sedert my voorsate via Nederland na Suid-Afrika gereis het is ons eintlik kultureel nog die hele tyd op reis. Ons wil maar net nie inpas in die handboeke van die geskiedenis nie. So ons moet ons eie kaas maak soos die Hollanders graag se.

…of dalk is dit na alles iets van die Gees wat in ons getuig wat aan ons ‘n behoefte gee vir versoening, vir oorgrens gemeenskap, vir ‘n blywende soeke na die koms van die Koninkryk in hierdie kontinent waar ons woon. Hoe het ons nie verdwaal op die pad nie, byna van die kaart af verdwaal, en tog iets het ons weer kom haal, heel onverwags hoor ek van soveel mense wat met die sokker (bid jou aan) FIFA wereldbeker iets in hulleself ontdek het waarvan hulle nie geweet het nie- iets soos- Ek is van Afrika en BASTA! Hierop gaan ek vanaand ‘n lekker Belgiese bier drink

terloops…as Ghana nou ook uitgeskakel moet word, dan sal ek met oorgawe my Oranje hempie aantrek!