{ARGIEF}

Die oomblik wanneer ek verstom staan oor wat die toernooi ons in rand kos, het ek telkens weer gedink dat die oor-grens-ervarings eintlik nie in rand bereken kan word nie. So leer ons ook van Ayoba Mzanzi en kry ons geswelde lippe van vuvu-blaas en deel ons met mekaar oor grense heen kosbare ervarings. Dit is so ‘n heerlike aanknoping vir ‘n gesprek met vreemdelinge en ek gebruik dit tog te graag om met mense te kan gesels, met wie ek dalk andersins nie aan die gesels kan kom nie

Wat ‘n ervaring!! Byna 84000 mense by Soccer City en bykans almal in Oranje. Ek wonder nogal wat dit vir die Nederlanders beteken het dat die Suid-Afrikaners ook oranje aangetrek het. Ek hoop net nie hulle dink dat ons ewe skielik almal Nederlandse burgers wil word nie, want ons moet hulle in daardie geval teleurstel. Ons bly net hier, in hierdie mooi land van ons. Natuurlik, al was die toeskouers oorwegend wit, het ons almal vuvuzellas gehad en het dit met besondere geesdrif geblaas.

Die atmosfeer was ‘n belewenis en het beslis opgemaak vir die sokker wat maar aan die vervelige kant was. Ons het die afgelope paar weke gou agtergekom dat hierdie toernooi veel meer inhou as om uiteindelik regtig langs ‘n veld iewers te sit en na ‘n wedstryd te kyk. Die oomblik wanneer ek verstom staan oor wat die toernooi ons in rand kos, het ek telkens weer gedink dat die oor-grens-ervarings eintlik nie in rand bereken kan word nie. So leer ons ook van Ayoba Mzanzi en kry ons geswelde lippe van vuvu-blaas en deel ons met mekaar oor grense heen kosbare ervarings. Dit is so ‘n heerlike aanknoping vir ‘n gesprek met vreemdelinge en ek gebruik dit tog te graag om met mense te kan gesels, met wie ek dalk andersins nie aan die gesels kan kom nie.

Ek vra net verlede week aan die kelner wat ons bedien in Menlyn-winkelsentrum, terwyl die vuvus oorverdowend binne die sentrum geblaas word, of hy weet wat hierdie klank aan ‘n mens se gehoor doen – en hy glimlag breed terwyl hy antwoord dat hy nie omgee nie, want dit is eenkeer-in-‘n-leeftyd dat ‘n mens hierdie gevoel het. Dit maak sy hart bly. En dit het my hart ook bly gemaak. Ons het vlaggies op ons kar en blaas die toeter, maar gebruik ook die geleentheid om te kan luister.

Die buitelanders was beïndruk met die flinke busdiens en die vriendelike mense. Intussen hoor ons ‘n gemor oor die ontwrigting en die geraas en ek kies om eerder nie te baklei nie. Ek onderneem dan eerder om met soveel as moontlik mense, met ek nie gewoonlik dit sou doen nie, in gesprek te tree oor wat hierdie eenkeer-in-‘n-leeftyd se ervaring vir hulle beteken en om te leer wat ek voorheen nie geweet het nie. Kenako Suid-Afrika!