{ARGIEF}

Toe Shabalala die doel skop het ‘n daar emosie los gekom in ons wat ek nie geweet het bestaan nie. Velkleur was nie ter sprake nie, ons was ‘n gemeenskap van swart en wit wat mekaar omhels het in ons vreugde. Ek het nie gedink dit kan op Stellenbosch gebeur nie! Ons land se mense wil uitreik na mekaar, die Wereldbeker het die deur na mekaar oopgemaak.

Ons het Vrydag die wedstryd tussen BAFANA en Mexiko in Khayamandi, die tradisionele swart twonship vanStellenbosch gaan kyk. Ongeveer 25% van ons was blankes watdie Afrika ervaring van sokker kyk wou meemaak. Ons het in ‘n gepakte Amazink Eatery die wedstryddopgehou as deel van ‘n baie entoesiastiese groep BAFANA ondersteuners.

Met die sing van die volkslied, ook die Afrikaanse deel, het ons almal uit volle bors gesing in ‘n gedeelde ervaring van nasionale trots. Ons is meegevoer deur die musiek. Telkens het dietoeskouers spontaan ‘n lied begin sing om die Mexikane aan te moedig om die deur oop te maak vir die BAFANA strickers. Wel dit het gewerk. Die vuvuzelas word soos musiek instrumente geblaas om begeleiding te gee aan die liedere wat gesing word.