{ARGIEF}

Daar is ook tydens die erediens 1300 gebreide poppies aan Stellenberg Gemeente oorhandig. Die poppies vorm deel van ‘n projek wat deur die gemeente geloods word tydens die wêreldbeker. Die poppies word aan tiener meisies uitgedeel om hulle te herinner dat hul liggame spesiaal is en ‘n mens mag dit oppas.

Ds Carstens het met sy boodskap die belangrikheid van vaderskap onderstreep. Hy het ook die groot behoefte aan vaders in Afrika uitgelig. Hy het praktiese wenke wat elke vader in die opvoeding van sy kind kan help gegee nl:

1.      Skep sekuriteit vir jou kind. Sekuriteit van versorging, dissipline, waardes, rigting en emosionele stabiliteit.

2.      Bevestig jou kind se potensiaal. Prys jou kind.

3.      Oordrag van identiteit.

Wat ons vir die res van Afrika en Suid-Afrika kan doen:

1.      Demonstreer Vaderskap

2.      Skep werk

3.      “Adopt a family”

Wees ‘n pa van die woord!!

Ons benodig nog die volgende.

Daar is ‘n broodprinter gekry vir tydperk van Worldcup wat “Bybelteksverse” op brood snye print. Ons wil graag 6000 brode koop om dit te doen. Dit word verpak in 2 snye en dan in die pakette gesit wat ons in Kaapstad gaan uitdeel. Ons benodig geld om die brode te koop.

  • Die prize dvd(getuienisse van sokker helde – huidig) wil ons ook in pakette sit. Die dvd kos R15. Kort sponsors hiervoor.
  • Vir Kaapstad uitreike kort ons ook nog koffie en suiker, klein pakkies droe vrugte, klein botteltjies water en sap en enige kaarte van Kaapstad self, asook droeë koekies en aanmaak sap vir ons uitreike..