{ARGIEF}

2.     1000 ure 24/7 gebedsketting.

3.     Ons neem deel aan die uitreike  saam met klub 1000 na die Bellville Velodrome waar ons koffie en geestelike spreke en leesstof gaan uitdeel.

4.     Ons neem deel aan die uitreike na die stad Kaapstad waar twee kerke(NG kerk en Engelse Baptiste kerk) hulle sentrums beskikbaar gestel het vir klub 1000 om uitreike daar te doen.

5.     2 Alkoholvrye “Big Screen” uitsendings van 26 Junie en 3 Julie in Suider-Strand se kerk kompleks. Ons gaan ‘n gebedskamer en beradingskamer op die 2 dae hê. Daar gaan ook eetgoed en drinkgoed te koop wees.

6.     Uitreik saam met Stellenberg se jeug na Sir Lowrys  Pass village.

7.     Ons het ook ‘n ringsjeugprojek met “Holiday Clubs” wat ons vir die gemeenskap aanbied tussen 20 Junie en 3 Julie met  ‘n nagemaakte sokkerveld waar ons verskeie programme gaan aanbied oor sokker vaardighede, bybelvaardighede, lewensvaardighede, ens.

8.     Ons het elke Sondag 2 vlae op die kansel van die 32 lande wat SA besoek. Ons bid dan vir hulle op die spesifieke Sondag.

9.     Ons het ons mense uitgedaag om hulle geelhemde te dra en hande in hierdie tyd uit te steek na medeburgers in ons land.

{gallery}suiderstrand{/gallery}