Wie gaan ons kinders se Hoop steel?

Written by Frederick on . Posted in Wêreldbeker Sokker 2010

So ek dink Die Burger vra vir ‘n keer ‘n goeie vraag: Het jy al ‘n onderwyser gehelp?

Hier is my punt: Een van die dinge wat ons met die WB geleer het is dat ons ‘n burgerlike samelewing-Jan en San alleman in SA het wat gereed is om hande te vat en dinge te maak werk- dalk nou meer so as ooit te vore. Ja daar moet Nasionale beleidsontwikkeling kom oor onderwys en mag dit beter aangepak word as in die verlede- maar van vandag af staan daar weer duisende onderwysers voor klasse in ons dorpe en voorstede voor klasse. Is daar polisiemense op diens, die vullis word verwyder in ons straat deur mense. Wie gee om vir hulle, wie het vanoggend vir hulle ‘n sms gestuur, gebid, ‘n handdruk gegee toe ek my kind afgelaai het, hulp aangebied om ‘n spannetjie te ry of selfs te help afrig, ‘n ekstra klas aan te bied? Ons kan nie almal help skryf aan die nuwe beleid nie, maar ons kan almal vandag, hierdie week, hierdie kwartaal ‘n verskil maak in ‘n skool of ‘n onderwyser, of ‘n polisieman se lewe. Of sommer net begin om dankie te se waar jy flinke dien ontvang. Dit is wat die burgerlike samelewing kan doen. Ons kan hande vat en mekaar optel en ons het dit “begin” doen met die WB- kom ons hou daarmee aan.

Ek kry ‘n epos vanoggend van ons buurt se forum wat vertel van ‘n inisiatief van buurtmense wat weekliks saam wil gaan stap op Onderpappegaaiberg. Ek het in die verlede self baie daar gestap totdat iemand aangeval is, toe ook maar opgehou. Maar nou reel ons buurt dat ons Sondagmiddae saam in groepe kan gaan stap!! Hierdie inisiatief word gereel deur die  Vuya Endaweni Community Conservation Group, en is deel van ‘n poging om natuurliefhebbers instaat te stel om die natuurskoon van Papegaaiberg te kan geniet.  Vuya Endaweni’s van die  Field Guides groep sal as begeleier optree. ONs hoop so sal natuurliefhebbers van Onderpapegaaiberg en Kayamandi saam die berg weer kan geniet. Ek is trots op my buurt wat ons berg nie afgee vir misdadigers nie, hulle maak nie ‘n boehaai en kla nie net by die oorwerkte amptenare van die munisipaliteit nie, hulle doen dit sommer self- en so gee hulle vir my hoop. Dalk is die inisiatief gebore toe ons saam sokker gekyk het in Khayamandi die afgelope weke, ek weet nie, maak ook nie eintlik saak nie.

Al wat ek weet is HOOP het ‘n nuwe gestalte, die gestalte van duisende hande wat gewillig is om klein dinge saam te doen wat ons land ‘n beter plak gaan maak. Ons het ‘n vriendin wat se: God is prepairing me for something very very small !! Ek dink sy is reg en ek weet sy doen dit.

…en as dit alles nie sin maak nie- kyk tog net asb na hierdie wonderlike inisiatief keepflying

Vorige bydrae oor UGO
Ek is van baie kleins af gefassineer deur verandering. Trouens my eerste ervarings van die kerk was hoe ek as klein seuntjie in die bank gesit en uitwerk het hoe ‘n mens dit wat nou hier gebeur anders kan doen? So hou ek van die kantlyn af die prosesse in die onderwys oor die afgelope aantal jare dop. En van lank al af het ek die aanvoeling die proses rondom UGO werk nie. En nou het dit gebeur, tot ons almal se skade. Ek dink dit is jammer, want ek dink UGO is uitstekend en my kinders het beslis baat gevind daarby. Hulle onderrig was eenvoudig ligjare beter as wat ek ontvang het.

Ons kan natuurlik ook vra wie hou vir wie verantwoordbaar- maar op een of ander manier is my aanvoeling dit gaan ‘n klomp van my energie steel en ek sien nie nou kans vir ‘n moddergooiery nie. Ek dink ons is aan die leer dat ons land kan en wil regkom, maar dat die regkom nie gaan kom van ander mense nie maar van mense op die grond in gemeenskappe wat hande vat en regmaak- dar sit immers vanoggend kinders in klasse.

Die Nasionale Departement van Onderwys gaan Uitkoms Gebaseerde Onderwys(UGO) en die gepaardgaande kurrikilum ontwikkeling van die afgelope 15 jaar terugtrek/onttrek/afskaf, is die afgelope aantal weke aangekondig. Ek wil op geen manier dans op ander se grafte nie, ook nie op enige wyse suggereer dat die huidige departement onbevoeg is nie, inteendeel ek wil nadink oor wat ons hieruit kan leer. ‘n Fout word ‘n excellent mistake indien ons daaroor nadink en daaruit leer, maar dit vra die moed om foute te maak soos wat Dan Ward in sy blog hieroor skryf.

Ek dink ons het hier te make met ‘n goedbedoelde proses van verandering maar wat ge-implementeer is asof dit met bestaande kennis en vaardighede toegepas sou kon word.
Aanpassende veradering – adaptive change- is ‘n term wat gemunt is deur Ronald Heifetz en dui op verandering wat nie met bestaande kennis en vaardighede toegepas kan word nie, omdat aanpassende verandering ook verandering bring tov die diepste vertrekpunte van die sisteem. Tegniese verandering is verandering wat met bestaande kennis-lees vanuit-‘n-vorige-era-of-paradigma suksesvol geimplimenteer kan word. Tegniese verandering kom meestal neer op beter-en-harder-werk-met meer-fokus.
Die implementering van die UGO stelsel was duidelik meer as net ‘n tegniese aanpassing gewees wat met die bestaande kennis en vaardighede toegepas kon word. Alan Roxburgh beskryf die uitdaging van aanpassende verandering in sy boek The sky is falling min of meer soos volg:

In tye van aanpassende veradering sal bestaande kennis en vaardighede die proses mislei! Die proses kan net slaag indien die leierskap bereid is om oor hulle mees basiese uitgangpunte, vaardighede en houdings leerbaar en oop te wees. Een van die belangrikste vereistes vir ‘n geslaagde Aanpassende veradering is ‘n fokus op die bou van nuwe kapasiteit onder die leiers. Ek is onseker of onderwysers en ouers se kapasiteit gebou is vir UBO.

Aanpassende verandering vra geduld omdat die hele sisteem deur ‘n proses van nuwe orientasie moet werk- ou bekende voorvoorveronderstellings is nie net nie meer geldig nie, maar vergiftig in der waarheid die nuwe sisteem. Die probleem is dat die ou veronderstellings so goed in die verlede gewerk het en daarom is dit so moeilik om van hulle ontslae te raak.

Ek dink diwels as dit oor God en die kerk gaan is die uitgangspunt oor die algemeen: Die antwoord le in die verlede! en dit is juis hierdie uitgangspunt wat ons vergiftig.
Aanpassende verandering vra berekende risiko’s en eksperimentering. Dit is so ingrypend dat dit nie eensklaps in die totale sisteem aangewens kan word nie. Indien aanpasse aanpassende verandering gelyktydig in die totale sisteem toegepas word is die kanse meer as goed dat die sisteem beskadig sal word. Daarom is dit belangrik om eers te eksperimenteer met gewillige innoveerders wat nie omgee om foute te mak nie. Ek het nie die indruk dat die onderwys sisteem UGO eers genoegsaam deur ‘n groep lootsskole gevoe het voordat hulle dit in die volle sisteem toegepas het nie.

Genoeg geleer uit die onderwys- wat daarvan ons maak dit van toepassing op kerkeenhied, of die gestuurde uitdagings van die kerk, op die uitdagings tov ons jeug en ons sal sien dat baie van ons onvermoe om met hierdie soort prosesse te slaag te make het met ons onderskatting van die aard en inpak van die proses van veranering. Ons moet en kan by die foute van die onderwysers leer…

Aanpassende verandering vra geduld. Ek wonder of daar genoeg geduld was met die mense in die sisteem van onderwys om rustig in te groei in die nuwe sisteem en voorverondersteeling van die UFGO. Die aanleer van nuwe voorveronderstellings is om soos teen die grein in te skaaf- dit voel verkeer en is aanvanklik maar ‘n morsige aangeleentheid. Indien daar te vinnig te veel druk is op prestasie raak dinge eenvoudig onhoudbaar, val prosesse vas en word ou sisteme weer in plek gesit.

Trackback from your site.

Leave a comment