{ARGIEF}

Jan van Zyl, Moedergemeente Stellenbosch het onlangs ‘n “artist date” met homself gehad.  Hy het afgekom op ‘n klein begraafplasie in Jonkershoek en begin speel met die idee van “bloeisels in fokus en grafte uit fokus”.  

Jan sê: “Dit het sommer tot my gespreek op die journey waar ek is, en die seisoen – bloeisels wat deurbreek tussen die grafte.  Daar is so baie simboliek daaraan – blare wat afval, gestrooptheid, en as dit deurgewerk word, word dit kompos, wat nuwe lewe vootbring, wat laat bloei, laat blom – iets van die grafte wat jubel …  Dalk gee dit vir iemand iets om aan vas te hou – dit het vir my baie beteken en ek deel dit graag …”

{gallery}bloeisels{/gallery}