{ARGIEF}

Die tweede Winterskool vir predikante, akademiese personeel, studente en die breë publiek word vanjaar vanaf 4-6 Junie op Stellenbosch gehou met die tema: Met die oog op ‘n tyd soos hierdie – hoor die evangelie, die hoop vir ons tyd. In hierdie woorde uit Ester 4 is daar ‘n diepe bewustheid dat God teenwoordig kan wees in die moeilikste tye van ons individuele en gemeenskaplike lewens. Met die Winterskool wil ons die boodskap oordra van hoop en geloof in ‘n God wat kan verras met sy reddende teenwoordigheid in die mees onverwagte plekke en tye. 

 Die drie hoofsprekers is dr Rhoda Kadalie, dr Mvume Dandala, en prof Piet Naudé. Daar sal ook talle parallelle sessies wees wat by die tema aansluit. Die Winterskool vind plaas by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.

Die program en registrasievorm is aangeheg.