{ARGIEF}

Die Universiteit van Stellenbosch bied ‘n twee-jaar modulêre MTh in Praktiese Teologie (Bedieningspraktyk) aan. Die doel van die program is om missionale leierskapkapasiteit te bou deur lees, sterk teologiese dialoog, deelname aan geestelike dissiplines, om te eksperimenteer met missionale leierskapsuitdagings en persoonlike besinning (joernaal) en rigting.
Sien aangeheg volledige besonderhede:
 
MTh_Bedieningspraktyk_2014

Die fokus en inhoud van die verskillende modules is gebaseer op navorsing wat in gemeentes gedoen is deur die Suider-Afrikaanse Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes (SAVGG).
Studente het n keuse tussen twee fokus-areas:

  • Missionale Leierskap en Bediening: Hierdie opsie het ten doel om te dien as ‘n leer-gemeenskap vir predikante en gemeenteleiers wat hulle missionale- en ministeriële leierskapskapasiteit wil uitbou. 
  • Missionale Geestelike Vorming het ten doel om deelnemers te help om hulle spiritualiteit te verdiep en om die nodige insig en vaardighede te ontwikkel vir missionêre geestelike vorming en rigting in hulle bediening en roeping.
Vir verdere besonderhede kontak asb vir:
Dr Frederick Marais (Programbestuurder)                          jfm@sun.ac.za              021-808 3265
Prof Ian Nell (Programkoördineerder)                                 ianell@sun.ac.za           021-808 9094
Chrisna van der Merwe
(Program Administratiewe Beampte)                                  cmer@sun.ac.za           021-808 3624