{ARGIEF}

Pelgrimstap deel 2 voltooi

pilgrim

Frederick skryf die volgende vanaf Genadendal:

Ons het giateraand in Genadendal aangekom na vier dae wat ons deur die mooiste dele denkbaar gestap het en buiten die eerste dag byna perfekte weer gehad het. Langs die pad het ‘n verskeidenheid van gemeentes ons baie hartlik verwelkom en hulle verhale vir ons vertel. Die verhale van die Rhynse Kerk, Moederkerk, Pniel Congregational kerk en slawemuseum, die Hugenote by Franschhoek, Villiersdorp en die verhaal van die Graaf-familie en uiteindelik die Morawiërs se verhaal by Genadendal, het ons verryk en hoop gegee.

Ons is oral met gasvryheid ontvang en het potensiële vennote van die Pelgrimstog ontmoet. Ons het die daaglikse ritme die Keltiese gebedeboek gevolg en het langs die pad diep geestelike gesprekke gehad oor onsself en ons land en haar mense. As pelgrim beweeg  jy stadig deur die armste dele van die dorpe en het jy spontane gesprekke met arbeiders en werkloses, wat ook maar dikwels te voet is.

Die ure op die pad is heilsaam vir jou siel. Die ritme van die stap maak jou gedagtes oop en ontvanklik. Die skoonheid van die skepping van ‘n panoramiese uitsig bo uit die berge tot die jangroentjie wat nektar oes in ‘n blom hier reg voor jou, herstel die goedheid van God se bedoeling met die skepping in jou.

Dankie vir Neels en Louise Jackson wat die hele pad saamgestap en, het Gielie wat twee dae saam gestap het.

Ons Pelgrimstog sal nou eersdaagse gestap kan word van Stellenbosch via Pniel, Franschhoek, Villiersdorp, Genadendal, Volmoed, Hermansus, Gansbaai, Baardskeerdersbos, Elim, tot by Agulhas en die Suidpunt van Afrika

Baie dankie aan almal wat die pelgrims ondersteun het met boodskappe en gebed.
Ons gee ook met dankbaarheid erkenning aan Neels en Louise Jackson vir die pragtige foto’s waarmee hulle ons gehelp het om in die gees saam te stap.
Hier onder is ‘n verdere fotobeeld van Dag 3 en 4 se roetes (Kliek op Continue Reading):

Die derde dag van ons pelgrimsreis begin in die NG kerk in Franschhoek. Frederick Marais (links) lees vir ons die oggendgebed uit die Keltiese gebede. Hy lees ook daagliks die middag- en aandgebed. (Neels) 3.1 Franschhoek
3.2 Franschhoek Die pelgrims bid vir Franschhoek, die gemeente, vir sy predikant, Peet Bester, en sy vrou Adrienne. (Neels)
Die Hugenotemonument in die skadu van die berge. Dit is ‘n herinnering van die verhaal van Franse wat weens geloofsvervolging uit Europa gevlug het en hulle hier kom vestig het. (Neels) 3.3 Franschhoek
13494843_1405757292773499_3881588693030126542_n Vandag stap die pelgrims van die bopunt van die Franschoekpas tot in Villiersdorp. Hulle rooi hoede maak hulle mooi sigbaar. (Louise)
Frederick Marais op ‘n brug met sy datum op. (Neels) 3.4 Franschhoek
3.5 Franschhoek Die aand word afgesluit met ‘n wonderlike ete, iets wat deel is van pelgrimstogte. Die leë bakke en borde wys dat Louise se pasta met sampioene en spek ‘n groot sukses was. In die middel van die tafel wag Frederick se gebakte appels met die roomys en vla daarnaby. (Neels)
Donderdag se stap begin in die NG Kerk in Villiersdorp waar ds Chris Franken vir ons bid. 4.1
4.1.1 Die pelgrims stap op Donderdag 23 Junie die laaste lang been van Villiersdorp na Genadendal. Hulle kon op heelwat “agterpaaie” stap deur vrugteplase en fynbos. Maar na ongeveer 9 km moes hulle hier ‘n baie styl bult uitstap. Die Theewaters kloof-dam in die agtergrond.
Die pelgrims stap by die proteas verby. Van links af is Peet Bester, Adrienne Bester en Frederick Marais. 4.2
4.3.3 Wat ‘n uitsig vir middagete na 7 km van aanhoudende opdraande! Proteas in volle blom reg rondom ons. Voorreg! — with Frederick Marais, Adrienne Bester and Neels Jackson.
Frederick Marais en Peet Bester kyk uit oor die landskap. 4.3
4.4.1 In die Overberg is baie berge…. Hierna het hulle tot amper donker tot by die aansluiting na Genadendal gestap waar die bestaande roete reeds gemerk is.
Die dag eindig in Genadendal waar eerw Chris Gordin vir ons vertel van die kerk se geskiedenis. 4.4