{ARGIEF}

Fakulteit TeologieDie Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch bied ‘n drie-jarige beurs vir voornemende doktorale studente in Nuwe Testament. Die beurs beloop R15 000 per jaar waarvan die voortsetting na die eerste jaar onderhewig is aan genoegsame vordering. Voorkeur sal gegee word aan aansoekers wat ‘n eksegetiese studie van die Sinoptiese Evangelies of ‘n kritiese studie van die werk van enige kontemporêre NuweTestamentikus wil onderneem.

Vir toelating tot die PhD-program in Nuwe Testament moet aansoekers verkieslik oor Grieks III of ‘n ekwivalente kwalifikasie en ‘n toepaslike M-graad beskik. Die doktorale studie aansoek moet aanlyn voltooi word by www.maties.com teen 30 November 2012. Ten einde vir die beurs oorweeg te word, moet ‘n volledige CV en ‘n enkelbladsy-uiteensetting van die fokus van die beoogde studie by Dr Marius Nel (epos mjnel@sun.ac.za) ingedien word, ook teen 30 November 2012. Heg ‘n volledige akademiese rekord en afskrifte van graadsertifikate aan.

Navrae: Dr Marius Nel, tel 021 808 9233, epos mjnel@sun.ac.za
PhD program