{ARGIEF}

NGK-in-SA

NG Kerk in SA

PSD: GEMEENTEBEGELEIDING

(Stellenbosch)

Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes- en Suid-Kaapland) maak die vakature vir ’n PSD in die Diensgroep vir Gemeentebegeleiding (PSD Gemeentebegeleiding) bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel.
Die PSD vir Gemeentebegeleiding is onder andere verantwoordelik vir:

  • die neem van leiding t.o.v. die begeleiding van gemeentes in die sinodale gebied;
  • die opleiding en ontwikkeling van gemeente-fasiliteerders en begeleiers;
  • gerigte navorsing en benutting van bestaande bronne m.b.t. die uitdagings en geleenthede vir gemeentes;
  • die ontwikkeling van innoverende programme en prosesse vir gemeentes;
  • die uitbou van Communitas tot ‘n sentrum van uitnemendheid m.b.t. dienslewering aan predikante en gemeentes.

Die ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde Bedienaar van die Woord van die NG Kerk wat aan die volgende vereistes voldoen:

  • Gevorderde kennisvlakke van missionale ekklesiologie m.b.t die dinamika en uitdagings van gemeentes.
  • Genoegsame ervaring, passie en roeping om gemeentes te begelei.
  • Bekwaamheid om verhoudings en netwerke te bou.
  • Bewese en uitstekende kommunikasie- en fasiliteringsvaardighede.
  • ’n Samewerkende- en deelnemende bestuurstyl.
  • ‘n Toepaslik gevorderde kwalifikasie in gemeentebediening sal as aanbeveling dien.
  • Die kandidaat se persoonlike spiritualiteit en verbintenis aan persoonlike geloofsgroei sal in aanmerking geneem word.

Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne.
Rig ’n volledige CV voor 13 April 2015 aan:
Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne (Kenny Raats), NG Kerk in SA, Privaatsak X8, Bellville, 7535
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za / 021-957-7104
Persoonlike navrae kan gerig word aan die voorsitter van die diensgroep (dr. Wilhelm Burger) by 083-448-1651 óf die Voorsitter: Pre-Advies (ds. Charl Stander) by 084 234 1155.