{ARGIEF}

Zillah web2

 

Ons sê  tot siens vir

Zillah Botha

 sunflower-web-version

Woensdagoggend 26 Maart se kuier was ‘n lekker-met-‘n-traan : Communitas / Ekklesia / Fakulteit Teologie het na 6 jaar vir Zillah wat nou voltyds ouma (én oumagrootjie!) gaan wees, gegroet.
Chris Jones het vir al die dames van Communitas gevra om neer te skryf hoe hulle vir Zillah ervaar het en sal onthou, en het dit vir haar gelees as huldeblyk: 

  • Ons sal vir Zillah altyd onthou vir haar immer vriendelike teenwoordigheid, behulpsaamheid, omgee, belangstelling in ander en goeie raad by Ontvangs en die Boekwinkel. Só baie mense se pad het die afgelope 6 jaar juis híér met hare gekruis.
  • En kuier jy net ‘n bietjie langer met haar, dan loer daardie skerp (en dikwels ondeunde!) humorsin onder die professionele saaklikheid uit.
  • Vir Zillah is daar geen onderskeid tussen mense nie. Vir haar is elkeen belangrik. Sy vind verstommende geluk in die eenvoud van die lewe.
  • Haar totale, soms “kinderlike” afhanklikheid van die Here, verstom ‘n mens. Haar geloof, hoop en moed is juis die kamele wat haar deur ‘n paar woestyne gedra het. 
  • Zillah is op haar unieke manier die sement wat ‘n klomp mense aan mekaar verbind – of dit nou met foto’s is, met “spokies” of die brand van ‘n kers. Sy is dié soort mens wat elke werksplek moet hê om gesond te kan bly.
  • Sy is iemand wat maklik ruimte vir mense in haar lewe maak. ’n Ware vriendin, ’n staatmaker-ouma wat tydig en ontydig ’n brei- of hekeldingetjie aanmekaar kan slaan.
  • Sy is vir baie mense sinoniem met resepte en breipatrone: vra maar net vir ‘n lekker kaaskoekresep of hoe om ‘n handskoen te brei, en Zillah krap iets interessants uit haar onuitputlike bron van resepte en patrone.
  • En seker die heel belangrikste, is haar trots en liefde vir haar kinders en kleinkinders wat áltyd tasbaar is as sy van hulle praat.

Ons wil graag vir haar ’n oorvloedige en geseënde aftrede toebid.
Mag die Here sy liefdevolle hand van genade oor jou hou, Zillah. Geniet hierdie nuwe lewensfase!
 

 P3260063  P3260035  P3260060

P3260075

 P3260071  P3260027  P3260016  P3260034