{ARGIEF}

Die Johari venster is ‘n kognitiewe instrument wat geskep is deur Joseph Luft en Harry Ingham in 1955 om mense te help om hulle interpersoonlike kommunikasie en verhoudinge beter te kan begryp.  Dit word meesal gebruik om jouself te analiseer, sowel as ‘n groepe om tot beter begrip van mekaar te kom.  Lees verder hieroor.

In die toets wat daarvoor ontwerp is, word elkeen ‘n lys van 56 byvoeglike naamwoorde gegee waaruit 5 of 6 gekies moet word wat jy voel jou persoonlikheid die beste beskryf.  Indien dit in groepe gegee word, kies elke groeplid ook 5 of 6 byvoeglike naamwoorde wat elkeen van die ander lede van die groep beskryf.  Dié keuses word dan in ‘n matriks, die Johari venster, ingeskryf.

Kwadrant 1 is die publieke deel van ons lewe wat almal sien en waarvan onsself ook bewus is.  Kwadrant 2 is dié deel van onsself wat ander sien, maar waarvan ons onbewus is, ons blinde kol.  Kwadrant 3 is dié deel van onsself waarvan nie onsself of ander bewus is nie.  Kwadrant 4 is dié deel van onsself waarvan net onsself bewus is, ons private self.

Ooreenkomste met die Myers-Briggs tipe indikator word gereeld ingespan in die interpretasie hiervan.

John le Roux het ‘n PowerPoint gemaak waarmee mense in gesprekke gehelp kan word om bewus te word dat ons almal iewers ‘n blinde kol het, en dat dit net in gesprek met ander mense is, waar ons gehelp kan word om daarvan bewus te word en ons blindekol raak te sien. 

Dit kan ook deur iemand van buite gebruik word om byvoorbeeld na verhoudings te kyk om so patrone en selfs moontlik oplossings te kan raaksien, wat mense binne die verhoudings nie maklik self raaksien nie.