{ARGIEF}

Eerste treë tot ‘n narratiewe benadering
‘n Basiese kursus vir predikante en gemeenteleiers wat pastoraat in die narratiewe benadering wil ontgin.  Kursusgangers word aan die beginsels van narratiewe beraad bekend gestel deur na mekaar se verhale te luister. Ons gaan kyk hoe Skrifverstaan en teologiese diskoerse die pastorale hantering van lidmate beïnvloed. Die beginsels van narratiewe terapie, en hoe dit die pastorale modelle van kursusgangers mag herdefinieer, sal ondersoek word, asook die invloed en eise van ‘n postmoderne wêreldgees op die pastoraat. Die kursus gebruik vertellings, ervaringsleer en besprekings eerder as lesings om die teorieë te verduidelik en te integreer. dit is ‘n ideale kursus om in die gemeente aan te bied vir die opleiding van beraders (Tussen 8 en 20 kursusgangers per geleentheid is verkieslik.)
Indien julle gemeente behoefte het aan die opleiding van beraders in die gemeente dmv hierdie kursus kontakJoanie Batt by 021-808 3382 of e-pos: jcab@sun.ac.za om reelings in die verband te tref.